Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


GOEIEMÔRE: Watse vakansiedag is dit?
May 01 2008 10:12:28:430PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Nee mense, ek’s jammer maar vanoggend het ek nie ’n koeken “clue” watse vakansiedag dit nou al weer is nie.

Die goed reën op ons neer en niemand weet wat ons nou eintlik vier nie.

So ’n regte plaastelefoonnaweek met twee kortes en ’n lange. Ek weet gister was Wêkkesday so vandag is seker Tweede Wêkkesday of miskien Tweede Slegtemensedag wat destyds op Goeie Vrydag geval het?

Ag wat, anders is dit sommer maar net Vrydag en as die regering so sê, dan staan dit ons seker vry om vandag te vry dat die biesies bewe.

Ek hoop vir jou part jy het darem ook , anders as ek, vanoggend die vryheid gehad om bietjie laat in te lê vir ’n ou vrytjie daar in jou kooi.

Maar vir my is daar nêrens in hierdie negedag-naweek ’n kansie vir ’n bietjie rus nie.

Ek het ’n klassieke langnaweek-dilemma.

Ek het nie geld om weg te kan gaan én weer terug te kom nie, die ouens met wildplasies daar neffens Warm-bela en Dwaalboom het vergeet om my oor te nooi.

En vroutjie voel daar is ’n paar goedjies wat in en om die huis gedoen moet word.

En dis net dáár wat my moeilikheid toe begin het!

Julle onthou seker ek moes laasjaar so woes studeerkamer skoonmaak.

Ek het gedog daai trauma is my nou vir die volgende paar jaar gespaar.

Maar nee, moenie glo nie!

Vroumense het mos die manier dat as hulle nie van jóú ontslae kan raak nie, hulle van jou goeters ontslae moet raak.

Ek praat darem nou nie van al jou goeters nie, maar die meeste. En so pak ek Saterdag toe ek wil sit en rugby kyk saam met my maters, die een boks ná die ander met my hele geskiedenis en ry dit “hospice” toe.

Van my eerste stel gholfstokke tot my troupak en my Sondag-skoolsertifikate (van daais met die groot ronde seëls op). En vanoggend vroeg moet ek aangaan want sy sê daar’s nog baie van my goed wat na die Wit Olifant-tafel by die kerkbasaar kan gaan.

Ek dink teen vanaand se kant as als hier weggery is, sal my oudste besitting waarskynlik my 2005-Curriebekerfoto wees.

Hom kon ek darem met groot moeite gered kry. Maar ten minste weet ek ek kan volgende naweek weer my goed gaan terugkoop by die basaar. Ek moet net vroeg wees.

Ja-nee mense, dis nie maklik om ’n middeljarige man in hierdie middelmatige tye van ons te wees nie!

Oom Kas skud net sy kop oor al die Bullebakkies se kaskenades maar hy sê sy simpatie lê al die pad by ou Joost oor die kabaal daar by die banggatdorpie se hek toe hulle hom nie wou inlaat nie en hy die hek toe saggies oopforseer het.

“Ek sê jou Blou, partykeer dink ek dis makliker om by die hemelpoorte in te kom as om vir iemand in een van daai plekke te gaan kuier,” reken Oom Kas. “Dit lyk my jy moet jou eie ID-boek, bestuurslisensie, wapen- en TV-lisensie, doopseel en die ou by wie jy gaan kuier se hondeliksens, matrieksertifikaat en sy skoonmense se huweliksertifikaat by jou hê voordat jy daar mag deur. Vir wie en vir wat, vra ek jou?! Pleks hulle kyk eerder wat jy daar uitry!

“En dan klink dit my nogal ou Joost het al’s behalwe sy doopseel en die ander ou se hondeliksens by hom gehad. G’n wonder die man was so de joost in nie! Nee wat, daai ouens daar binne moet maar dan eerder vir óns kom kuier,” sê hy. “Dis nou as hulle daar kan uit.”

Neef Bartel sê die ding wat hom van daai storie nog meer hinder, is dat Joost na sy laaitie se sokkeroefening toe op pad was. “Kyk my ou neef, as ons rugbyhelde soos ou Joost se kroos nou sokker bo rugby verkies en Bakkies hof toe gaan om dít die Bulspan te kom, waarheen dink jy is ons ou landjie op pad,” kla hy. “Soos dinge nou staan, gaan Loftus een van die dae net twee slotte oorhê: die een aan die oostelike hek en die ander een aan die westelike hek.

Dik Daan sê hy het oor die radio gehoor dat die gewese sekretaris-korporaal van die VN, Koffie Vanaand, nou vir ou Idi Mugabe aangesê het om deur sy land te reis en sy volgelinge te gaan groet.

“Nou waar gaan hulle dan heen,” wou hy toe weet. Eisjhh!

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer