Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

GOEIEMÔRE: Waarheen gaan dié pad?
May 05 2008 11:19:18:873PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dis ’n maand sedert my skootrekenaar in die oggendure onder die arm van ’n geslepe, planmatige dief weggedra is. Ek is soos iemand wat daggakoekies geëet het. Verward, onnosel, lamgelê. Dis my eie skuld dat ek nie genoegsame back-ups het nie. Maar veronderstel jý staan môreoggend op en jou rekenaar is weg, hoeveel back-ups het jý?

My lewe, en baie ander s’n, is vasgeknoop aan ’n rekenaar. As ek uitreken wat ek verloor het, gryp die ritteltits my. Jare se ontvangergoed. Boekhouding. Toesprake. Werkswinkelstof. Meesterkopieë van romans, rubrieke, vertalings, kontrakte. Telefoon- en e-poslyste. Navorsingsmateriaal. Foto’s. Kosbare briewe van my Engeland-kinders.

Wag, netnou skiet daar ’n bloedklont deur my brein.

Op die genade was die ding verseker, en kon my gryse tydelik voorsien. Terwyl ek fanaties oorskryf om Thula Thula se sperdatum te haal, is hy die isicaka wat kook, afstof, lewwie skrop, vloere mop. Gooi ’n kombers oor my as ek dwars oor die bed omval van tamheid. Chaffeur my Clanwilliam toe vir die Sederbergfees

Maar behalwe vir die verliese in my rekenaar-waenhuis, is daar ander goed wat my omwetter. Tjoepstilte van die polisie. Snaaks?

Die vingerafdrukmense was hier vir maksimaal vyf minute en kon géén vingerafdrukke kry nie. Raar. Is ek en die gryse en ons vriende dan vingerloos?

’n Vriendin sê ek moet dankbaar wees ek is nie verkrag en vermoor nie, en ons huis is nie leeggedra nie. Bogger dit, sê ek, dis nie iets waarvoor ek dankbaar behóórt te wees nie. Stilte. Ek hoor haar asem aan die anderkant van die lyn.

Want, sê ek, dis my rég om nie verkrag of vermoor of besteel te word nie. Dis nie ’n voorreg nie. Ons maak onsself gewoond aan misdaad deur te sê: Wees dankbaar, dit kon baie erger . . .

Veronderstel ek het ’n rewolwer onder die kussing gehad, en toe ek sien die bliksem laat spaander met my brood-en-botter-rekenaar, skiet ek hom dood. In die rug.

Dan sit ék in die selle vir moord. Want skynbaar het hý die reg en voorreg om te steel as sy maag dun voel. En die reg om nié geskiet te word nie.

Behoede my, asseblief, behoede my.

Die versekeringseis beloop so R8 000. Waarvan ek honderd maal behoede moet word, is dat nagenoeg R1 000 daarvan by die staatskoffers inrol in die vorm van BTW. Dus, ’n misdaad-inkomste. Tel alle versekeringseise bymekaar wat op één dag in ons land uitbetaal word vanweë misdaad, en probéér die 14%-misdaadinkomste bereken.

En dit geld nie nét vir vandag se regering nie, want BTW is ’n stokou instelling. Jou sakrekenaar maak die E-teken wat sê die som is te groot. Hoe maak mens so ’n som? Ons gewone sterfling kan nie. Dis verbysterend, verby ons breinkapasiteit.

Seerste van my rekenaarverlies, is dat dit ’n rekenaar was wat Hartlam vir my in Engeland gekoop het toe ek Granny opgepas het. In ruil vir oortyd toe hulle Hawaii toe was. Van Engeland gepraat . . .

As mens dáár vanweë misdaad ’n eis indien, word dit BTW-loos bereken. Die Britte het straks ons vroue en kinders skandalig laat vrek in konsentrasiekampe. Maar hulle prop nie hulle belastingkoffers vol met misdaad-inkomste nie.

As mens daardie geldsom, wat te groot is vir mý maalsomvermoë, aftrek van die staat se daaglikse inkomste, hoe dan?

Daar is alreeds nie geld vir sopkombuise en medisyne en polisie en onderwysers nie. Nou bly die vraag my by, en die Here moet my help dat dié vraag latertyd sal vervaag, maar in my donkerste gedagtes wonder ek of die regering kan bekóstig om misdaad te kielhaal.

Hoe gaan hulle die godskreiende 14% vervang? Hoe gaan hulle die miljoene gorrende mae volkry wat tans gevul word deur ’n skootrekenaar vir R50 te verkwansel vir broodgeld?

Gryp is gryp. Straatdief of staatdief, ongeag. Die deler is net so skuldig soos die steler. Thomas Jefferson het gesê: “Indeed I tremble for my country when I reflect that God is just.”

Ek bewe saam met hom.

Ek sluk die rou-trane af, en vra: Iyaphi le ndlela? Waarheen gaan hierdie pad?

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer