Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

GOEIEMÔRE: Dit kan gedoen word
May 10 2008 07:05:03:440AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Goeiemôre uit Bloemfontein waar ons maar weer gaan hoop en vertrou dat die Cheetahs die keer gaan presteer.

Maar nou is ’n mens ook in twee geskeur.

Jy wil so graag hê die Wit Tornado moet soos ’n stormwind waai.

Maar aan die ander kant wil jy so graag twee Suid-Afrikaanse spanne – die Stormers en die Haaie – in die halfeindronde van die Super 14 sien.

Eintlik is die twee spanne so vol van ons ouens dat hulle maar daar bo kan wees.

Dit sal darem baie lekker wees as die Cheetahs in Durban kan wen.

Die week – soos elke week die afgelope raps meer as twee maande – wonder ’n mens wat is die groot fout in die Cheetahspan.

Twee maande gelede het ons in dié rubriek geskryf dat ’n onsinnigheid wat op die veld aangevang is in die wedstryd teen die Leeus, nou lelike gevolge kan hê.

Dit was toe so.

Die week sê jong-dominee by die Pinksterdienste dat ons vir mekaar moet leef.

Dat ons mekaar se laste moet dra.

Twee toue is immers sterker as een.

En dit is so waar.

De Wet Holtzhausen, ’n voorryman wat in een van die beste Vrystaatse spanne gespeel het, vertel dat hy in sy eerste wedstryd baie swaar gekry het.

Hy kon nie sy springers in die lynstane vind nie.

En het moedeloos geword.

Ná een so ’n lynstaan het een van die grotes in die span, sy hand gevat en dit ’n rukkie vasgehou soos ’n klein seuntjie s’n.

Moet nie bekommerd wees nie.

Alles sal beter gaan, het die speler vir hom gesê.

En dit het hom gemotiveer.

Daarna het dit sommer beter gegaan.

En bykans veertig wedstryde later – en net soveel kere as reserwe – was hy nog deel van die span.

Dit is waarvan jong-dominee gepraat het. Dra mekaar se laste.

Die Cheetahs het daardie eerste wedstryd verloor.

Die Leeus het hulle nie geklop nie. En toe gebeur dit nog ’n paar keer.

En die selfvertroue was daarmee heen.

As jy twee of drie oorwinnings agter die blad het, is dit maklik om die ouens in Australasië met vertroue te pak.

Maar verloor . . . en jy sukkel.

’n Mens is dankbaar dat Juan Smith die week besluit het hy bly ’n Cheetah.

Dit is nie lekker om spelers te verloor nie.

Juan moet nou net die mense by hom hou wat gewillig is om vir mekaar te speel en op te offer.

Hulle is hier en ons moet hulle behou.

Dit is net baie jammer dat ons nie net drie – net drie – van verlede jaar se ouens kon behou nie.

Willem de Waal se skopwerk sal altyd vir jou ’n pluspunt wees.

Met hom as die as waarom alles draai, sal Jacques-Louis Potgieter as senter floreer.

Nommer twee wat ons graag weer in die wit trui wil sien, is daardie klipharde ysterman, Corniel van Zyl .

Met hom om te dryf en te maal, kan die ouens maar kom.

En dan natuurlik is daar ’n agterspeler – en baie mense sal met my verskil – wat ons baie genot sou verskaf het: Philip Burger.

Baie mense glo hy gaan nog harsingskudding kry vir sy duikslae agter die doellyn, maar Jors Troelie glo dat die nuwe rugbyreëls gemaak is vir ’n man soos hy.

Hy kon een van ons – ek bedoel die hele land – se voorste driedrukkers gewees het.

Dit is egter verby.

Hulle is nie hier nie.

Kom ons vat die mense wat ons het en wen weer die Curriebeker.

Noord-Transvaal het ’n paar seisoene gelede swakker as vanjaar se Cheetahs gevaar. Hulle het heel laaste in die reeks tussen Suid-Afrika se spanne en die van Nieu-Seeland in Australië geëindig.

Maar hulle het in die Curriebekerreeks skitterend gespeel, alles voor hulle weggevee en die Curriebeker omhoog gehou.

Dit kan dus gedoen word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer