Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-30°C

Voorspellings

FORUM:Jip-Rockspaaider gaan kook
Aug 01 2007 02:07:57:603PM  - (SA)  
Clarissa Grobler



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dis weer tyd vir jong musikante om sake uit te spook op vanjaar se Jip-Rockspaaider-uitdunronde vir die Vrystaat.

Groot pryse is op die spel vir vanjaar se wengroep.

Daar neem vanjaar ses musiekgroepe aan die Vrystaatse uitdunronde deel: Cable Chord (Hoërskool Fichardtpark), Colour Blind (Grey-kollege), Gefiedroefobie (St. Andrew, Bloemfontein), Skarlakenkoors (Hoërskool Hennenman), Sworn to Silence (Hoërskool Fichardtpark), C-Four (St. Patrick’s College, Kimberley) en Tabakbedryf (Goudveld-Hoërskool).

Die Vrystaatse uitdunronde vind op Vrydag 3 Augustus van 19:00 by Grey-kollege in Bloemfontein plaas.

Toegangsgeld is R10 vir gehoorlede.

Rockspaaider is die nasionale kompetisie vir skoolgroepe wat aangebied word deur Jip in Volksbla d, Die Burger en Beeld, susterkoerante van Volksblad, en MK op DStv. Die kompetisie is in twee verdeel – een vir die suide en een vir die noorde. Albei eindrondes vind einde September plaas, die noordelike  een  weer  op  die  Aardklop-kunstefees in Potchefstroom.

Die nasionale wenners kry ateljeetyd om ’n CD op te neem. Look & Listen is die hoofborg van Rockspaaider 2007. Machine Room is ook ’n borg, wat ’n musiekvideo van een van die wengroep se snitte sal opneem.

Besoek www.jip.co.za vir meer inligting of stuur e-pos aan jip@volksblad.com.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer