Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
FORUM:Span dalk nie
te veel anders
Geen drastiese veranderinge sal na verwagting aangebring word aan die Griffonspan wat Saterdag in Witbank teen die Pumas te staan kom nie. Vir die Griffons sal dié wedstryd ’n toets van karakter wees. Die jong spelers het verlede week twee van hul makkers in ’n ongeluk afgestaan. Maandag het hulle Nardus (Pompies) Wessels (21) se begrafnis op Kroonstad bygewoon. Die ander speler wat in die ongeluk met sy lewe geboet het, Ashley Mapisa (23), word Saterdag in die Oos-Kaap begrawe. Die ongeluk het verlede Dinsdag by Soutpan, tussen Bloemfontein en Bultfontein, gebeur. Cedric Mkhize (22) het ’n erns-tige rugbesering opgedoen, Sandile India (27) behoort oor vier weke fiks te wees, Andries Kruger het snywonde opgedoen en Kurt-Lee van Vuuren het ’n voetbesering. Dit is te betwyfel of Kurt-Lee dié seisoen weer rugby sal kan speel. Die Griffons het tot dusver vanjaar drie van hul vier wedstryde in die eerste liga gewen. Vrydag se wedstyd is die laaste een in die eerste ronde.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|