Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-25°CVoorspellings |
|
FORUM:Inwoners boos oor vrot riool en vermorsing
Eers het inwoners van Bree-destraat, St. Helena, in stinkende, vrot rioolwater geswem. Nou dam skoon water op en die straat is ontoeganklik. Die derduisende kiloliters water wat na Torontopan stroom en vermors word, is vir sekere huiseienaars geheel en al onaanvaarbaar. Al wat moontlik oor dié vermorsing juig, is die visse wat al ’n geruime tyd in rou riool rondswem en sukkel om suurstof te kry . . . Mnr. Jan Davis van Breedestraat 1 sê hy het by die munisipaliteit gekla. “Ek het selfs die brandweer gebel. So kan dit nie aangaan nie. “Nadat ons huise ’n paar weke gelede in rioolwater rondgedryf het, is ’n gedeelte van die pyp uitgehaal. Dié werkers wou pype heg en ek het hulle daarop gewys dat dit nie moontlik is nie. “Verlede Dinsdagaand het hulle tot 23:00 gewerk. Vir my het dit gelyk asof daar ’n gebrek aan kundigheid is. “Hier was nog nie ’n ingenieur naby ons nie.” Nog iets wat hom en ander inwoners ontstel, is dat mense hul rommel sommer op die sypaadjie uitgooi. Hy het nou adresse en gaan klagtes by die stadsraad indien. “As die mense nie swart sakke het nie, sal ek vir hulle gee. Só kan geen mens leef nie.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|