Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
FORUM:Man in vreeslike pyn oor heup
Die heupvervanging kan eers oor vier jaar gedoen word, maar om eerstehands vas te stel of hy nog leef, wil ’n Bloemfonteinse dokter vir Daan Vorster weer oor ’n jaar sien. Intussen leef dié 60-jarige man dag en nag met pyn. Hy kan nie slaap nie en drink minstens drie keer ’n dag vier sterk pynpille – wat soms nie juis help nie. Daan van De Wetstraat 43 behoort nie aan ’n siekefonds nie. Hy was voorheen ’n sakeman, maar die ekonomie het hom op sy knieë gedwing. Hy het dringend ’n heupvervanging nodig. Die knop in die heuppotjie is nou vierkantig. Daarby is sy regterbeen reeds 2,5 cm korter as die ander been. Hy loop moeilik en sy tenger vrou, Riana, moet hom onder meer help stort, aantrek én uittrek. “Ek is in Junie verlede jaar na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein verwys. Daarna is ek Universitas toe waar plate geneem is. “Die plate wat nou, ’n jaar later, geneem is, toon duidelik dat die agteruitgang onrusbarend is. “Die been is besig om gate in te val. “Die dokter het gesê dit is ’n noodgeval. “Indien ek self die prostese koop, kan ek vanjaar geopereer word. Andersins sal ek vier jaar moet wag. “Maar die prostese kos tussen R21 000 en R31 000. Ons het net nie daardie geld nie. “Die professor het gesê hulle het jaarliks net soveel geld tot hul beskikking en ek sal op die waglys geplaas word.” Riana sê sy het by iemand in die hospitaal gehoor daar word net vier heupvervangings jaarliks gedoen. “Ons kan nie vier jaar wag nie. “Die pyn wat my man verduur, is ondraaglik. “Daarby kan hy verlam raak.” Mense wat wil help kan Daan by 057-355-1983 bel, of Riana (bedags) by 057-352-4123. Andersins kan skenkungs by Standard Bank, Welkom, inbetaal word. Die besonderhede is: V. Vorster, rekeningnommer: 144703084, takkode: 05553645.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|