Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

FORUM:Help nóú hier
Aug 01 2007 02:07:52:433PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mathabeng se ekonomiese vooruitsigte is allesbehalwe rooskleurig.

Die bydrae tot die Vrystaat se ekonomie het die afgelope paar jaar tot 15,1% gedaal.

’n Groeikoers van sowat -3% word ondervind en talle mense verlaat die streek om ekonomiese geleenthede elders te gaan soek.

Daarby het inwoners in die streek die afgelope tien jaar verarm. Die gemiddelde inkomste per capita het van sowat R19 000 tot R13 000 gedaal.

Dít is die prentjie wat prof. Lochner Marais op die Groei-en-Ontwikkelingstrategie-beraad in Welkom geskilder het.

Hy is verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sentrum vir Ontwikkelingsondersteuning.

Marais het daarop gewys dat die ekonomiese bydrae van die mynbedryf in die streek die afgelope dekade van 49% tot 35% gedaal het. Daarby vestig talle eertydse myn- en plaaswerkers hulle in die streek. Die meeste van hulle soek grond vir ontwikkeling.

Die Lejweleputswa-distrik beskik oor 23,6% grond wat benut kan word. Die gemiddeld van ander distrikte in die Vrystaat is 6%.

Prof. Marais het gesê die omgewing beskik oor te min maatskappye wat in die vervaardigingsbedryf is.

Hy het ook daarop gewys dat die streek moet belê in maniere om onder meer boere te help om in oorsese markte mee te ding.

Hy het ook daarop gewys dat die inwoners van die streek mynmaatskappye behoort te ondersteun in ’n poging om die leeftyd van myne te verleng.

“Myne neem ongeskoolde werkers in diens en dit verlig werkloosheid.”

Hy het verder gesê die Suid-Afrikaanse juwelebedryf is nie kompeterend nie.

Hy het ook aanbeveel dat samewerking met Gauteng ondersoek moet word.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer