Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

FORUM:Wees versigtig by kitsbanke, vra SAPD
Aug 01 2007 02:07:49:493PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Agt kitsbanke is reeds vanjaar in Welkom en Thabong opgeblaas en dit is duidelik dat die rowers ’n veer voel vir menselewens. Gelukkig het mense in die omgewing van die ontploffings tot dusver nie beserings opgedoen nie. Die polisie waarsku mense om veral in die aande versigtig te wees wanneer hulle kitsbanke besoek.

Sers. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, sê in die jongste voorval is ’n kitsbank by Manny’s in Welkom opgeblaas. Die kitsbankbomplanters het sonder ’n sent weggekom. ’n Ooggetuie het gesien hoe hulle kort ná die ontploffing in ’n wit Nissan Skyline wegry.

Khosana sê mense moet by kitsbanke op die uitkyk wees vir verdagte voorwerpe. Indien sulke artikels opgemerk word, moet die polisie gekontak en die gebied ontruim word.

“Mense moet aan niks peuter nie, want die springstof wat gebruik word, is lewensgevaarlik.”

Mense moet ook op die uitkyk wees vir verdagte mense by kitsbanke.

’n Man van Thabong is onlangs by ’n kitsbank deur ’n gewapende rower oorval en gedwing om R5 000 vir die man te onttrek.

Khosana sê dié rowers werk in groepe van twee of meer.

“Gaan eerder na ’n ander kitsbank as dit onveilig is”.

“Die rowers maak ook asof daar fout is met hul bankkaarte en vra dan dat die slagoffers die kaart probeer. Moenie hulp van enigiemand by ’n kitsbank aanvaar nie.”

Asst.komm. Lerato Molale, stasiekommissaris van Thabong, sê almal moet saamwerk om almal se veiligheid te verseker.

“Meld misdadigers of hul strafregtelike optrede onmiddellik by die polisie aan.”

Enige strafregtelike aktiwiteite kan by 0860-010-111 aangemeld word.

Inligting is vertroulik en inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van ’n verdagte lei, sal beloon word.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer