Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

NOORDKAAP:Biblioteek het roemryke geskiedenis
Aug 01 2007 02:07:38:743PM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

By Kimberley se geskiedkundige en bekende Africana-biblioteek – ’n nasionale gedenkwaardigheid – is nóg geskiedenis gemaak toe die 120ste bestaansjaar van die gebou van dié biblioteek gevier is. Die verjaardag is gevier op ’n onthaal wat die trust van dié biblioteek en die Vriende van die Africana-biblioteek aangebied het.

Regter S.A. Majiedt, voorsitter van dié trust, het meer van die ryk geskiedenis van dié biblioteek vertel. Hy het gesê daar moet voortgegaan word om dié biblioteek te bewaar en dit moet toegankliker en bekender onder alle gemeenskappe gemaak word. Dit is ’n plek met almal se geskiedenis. Dié biblioteek behoort aan die mense van Kimberley.

Mnr. Stephan Welz, ’n trustlid, het dié biblioteek as een van die top- instellings in die land beskryf.

Hy het gesê ’n biblioteek is ’n dagboek van die menseras. Hierdie biblioteek is ’n dagboek van die mense van die Noord-Kaap. Dit is ’n wonderlike bron van inligting.

Hy het gesê dit is belangrik dat hierdie biblioteek nie net bekender onder swart mense moet wees nie, maar dit moet bekender in die res van die land en die wêreld wees.

’n Nuwe publikasie getiteld 50 years on the Diamond Fields 1870 to 1920 is terselfdertyd bekend gestel.

Dr. Oscar Sabatini het die byskrifte by die foto’s in die boek en die voorwoord geskryf. Die Africana-biblioteek het die foto’s verskaf en hierin het mev. Kokkie Duminy, die hoof van die biblioteek, ’n groot rol gespeel.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer