Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 5-30°CVoorspellings |
|
NOORDKAAP:Skoleliga nou interessant
Indien die afgelope Saterdag se ligawedstryd tussen die Hoër?skool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap se eerste spanne ’n klassieke wedstryd was, dan is eerskomende Saterdag se wedstryd ’n klassieke herontmoeting. Diamantveld, wat sover vanjaar onkeerbaar is, het Noord-Kaap in ’n moeilike bui gekry en kon hom uiteindelik met 17-11 klop in dié wedstryd wat eersdaags op Supersport se FNB Classic Clashes uitgesaai sal word. ’n Drie in die doodsnikke deur Noord-Kaap se agtsteman Hendrik Beets het aan sy span egter ’n noodsaaklike bonuspunt gegee wat hom in die vierde plek op die grootskoleliga se punteleer ná die halfeindstryd plaas. Diamantveld het gemaklik in die eers-te plek op die punteleer geëindig en dié aartsvyande sal nou Saterdag op Diamantveld se veld slaags in die halfeindstryd wees. Hoewel Diamantveld se o.19B-span ook Saterdag geseëvier het, het Noord-Kaap se o.19C-, o.15A- en o.14A-spanne hul derby-kragmetings gewen. In die ander halfeindstryd in die o.19A-liga sal die Hoër?skool Duineveld Saterdag op Upington sake teen Landboudal uitspook. Duineveld het Landboudal onlangs met 22-16 in ’n ligawedstryd geklop, maar dié herontmoeting is ook ’n liplekker vooruitsig. Die bepalings vir die halfeindstryde in die ander ouderdomsgroepe en ligas is ook intussen uitgereik: o.19A: Diamantveld teen Noord-Kaap; Duineveld teen Landboudal. o.19B: Diamantveld teen Duineveld; Noord-Kaap teen Landboudal. o.19C: Noord-Kaap teen Landboudal; Diamantveld teen Duineveld. o.15A: Duineveld teen Landboudal; Noord-Kaap teen Diamantveld. o.14A: Noord-Kaap teen Upington; Diamantveld teen Landboudal. Medium-skole: o.19A: Kathu teen Vaalharts; Hoër Landbouskool Noord-Kaapland teen Martin Oosthuizen. o.19B: HTS Kimberley teen Vaalharts; Hoër Landbouskool Noord-Kaapland teen Martin Oosthuizen. o.15A: De Aar teen Postmasburg; Martin Oosthuizen teen Vaalharts.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|