Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


NOORDKAAP:Fees voed siele in NK
Aug 01 2007 02:07:37:650PM  - (SA)  
Karen Ebersohn



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Daar is glo ’n spreekwoord wat sê ’n nasie wat sy kuns versaak, versaak die siel van sy mense.

En om dié rede gaan daar ’n gróót kunstefees gehou word om na die siele van die inwoners van Kimberley en die Noord-Kaap om te sien.

Die dae aftel na die Gariep-kuns-tefees het begin. Vandag oor 29 slapies kan inwoners die kultuurdiere binne hulle wakker maak, die partytjieskoene aantrek en gereed maak vir die grootste saamkuier op die stad se kalender.

Eet dus liewer vir die volgende paar dae brood en drink water en spaar al die laaste sentjies vir die laaste naweek van dié maand.

Op dié fees se bekendstelling by die oop myn verlede week is een feit duidelik gestel: Die fees gaan die jaar groter wees as ooit met meer kunstenaars, meer stalletjies, meer pret en beslis meer plesier.

Die kunstefees spog die jaar ook met ’n paar eerstes.

’n Volledige en uitgebreide kinderprogram gaan vir die stad se woelwatertjies aangebied word. Dit sluit die hele Wielie Walie-televisiespan van ouds in.

Die Standard Bank-tent is ook ’n nuutjie. Die tent, wat kompleet in ’n teater omgeskep gaan word, gaan optredes van kunstenaars met groot talent moontlik maak. Die idee van dié tent is dat mense wie se voete moeg is ’n oomblik hier kan ontspan en die kunste kan geniet.

Optredes van kunstenaars waarna uitgesien kan word, is die van Chris Chameleon, Patricia Lewis, Jannie Moolman, Lize Beekman, Elzabe Zietsman en Soli Philander.

Toneelopvoerings soos die baie gewilde Groet die Grotman en Die Uwe Pottie Potgieter is ook op die program.

Vanjaar se feesplakkaat is deur mnr. Ashley Delport ontwerp. Die meerkatte op die plakkaat met hul sonbrille wys op die sosiale kant van die fees.

En met al dié dinge en wat beplan word, is dit geen wonder nie dat die fees se slagspreuk Kap ’n jol by die Gariepfees, is nie.

Moet ook nie die Absa-Volksblad-teetuin op die fees misloop nie.

Besprekings vir alle vertonings kan by Computicket gedoen word. Doen internetbesprekings by www.computicket.com. Volledige inligting is ook op die fees se webwerf by www.gariepfees.co.za beskikbaar, of bel 053-832-6342.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer