Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Haaie se lot in eie hande
JOHANNESBURG. – Wanneer die Haaie Saterdag teen die Chiefs se rugbyspan in Durban in die laaste Super 14-ligawedstryd van 2008 uitdraf, gaan hulle presies weet wat hulle te doen staan om ’n plek in die halfeindstryd te verseker. Hiervoor is die Durbaniete dankbaar, want twee jaar gelede het hulle een voet in die halfeindstryd gehad voordat die Bulle se oorwinning met meer as 32 punte oor die Stormers hulle dié reg ontsê het. “In dié opsig is ons bly dat ons darem gaan weet wat ons moet doen. Ons moet dus wag om te sien wat die Stormers doen en dan seker maak dat ons met ’n beter vertoning vorendag kom,” het die Haaie se hulpafrigter, Grant Bashford, gister gesê. Die Stormers en die Haaie is onderskeidelik vierde en vyfde op die punteleer en al het hulle albei 37 ligapunte, is die Kaapse span se punteverskil nege punte beter. Die Haaie sal dus weer met ’n aanvallende ingesteldheid op die veld moet draf en dit is om dié rede dat hulle styf gaan duim vashou dat die veelsydige Frans Steyn sy kant kan bring. Steyn het ribbes teen die Cheetahs beseer en sal dalk ruskans moet kry. “In dié stadium het Frans ’n 50/50-kans om te speel. Dit is eintlik ’n netelige saak omdat ons dalk met hom ’n kans kan waag, maar dan vererger hy dalk die besering en kan dan nie vir ’n moontlike halfeindstryd oorweeg word nie,” het Bashford gesê. Die uitmergelende aard van die toernooi begin ook elders in die span sy tol eis. “Daar is verskeie spelers wat maar van stampe en stote moet herstel. BJ Botha, Johann Muller, Steven Sykes, Johan Ackermann en AJ Venter kon vandag (gister) slegs aan ligte oefeninge deelneem,” het Bashford gesê. Wat beserings betref, is die Haaie egter gelukkig wanneer hulle met die Chiefs vergelyk word. Voordat hulle op toer gegaan het, was die Chiefs goed geplaas om ’n plek in die halfeindstryd los te speel. ’n Rits beserings en nederlae teen die Western Force in Perth en die Leeus in Johannesburg het egter hul kaarte lelik deurmekaar gekrap. Hulle is byvoorbeeld drie stutte kwyt. Om dinge te vererger is die stut Ben May boonop vir drie weke geskors nadat hy Joe van Niekerk in die wedstryd teen die Leeus in die gesig getrap het. “Ons is in die uiters unieke situasie waar ses of sewe spelers nie beskikbaar gaan wees nie,” het Foster gesê.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|