Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Eloff nie lus vir kopspeletjies met Stormers nie
May 13 2008 12:11:49:643AM  - (SA)  
Hennie Brandt



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Die Leeus gaan nie toelaat dat die afrigter van die Stormers, Rassie Erasmus, met hul koppe smokkel voor Saterdag se deurslaggewende Super 14-rugbywedstryd op Ellispark nie.

Die Stormers moet ’n voltal van vyf punte verdien om in die wedloop vir die halfeindstryd te bly.

Erasmus is ’n afrigter wat daarvan hou om speletjies met sy teenstanders te speel.

Sy eweknie van die Leeus, Eugene Eloff, het gister gesê hy gaan hom nie vandeesweek steur aan wat Erasmus oor Saterdag se wedstryd te sê het nie.

“Ek weet nie of hy vandeesweek speletjies gaan speel of nie. Ons gaan ons egter nie steur aan enigiets wat gesê word nie. Ek gaan ook nie hierdie week koerante lees nie. Al waarop ek fokus, is wat ons moet doen om die wedstryd te wen.

“Die Stormers sal goed voorbereid Ellispark toe kom. Hulle is ’n goeie span. Ons het egter die skietgoed om hulle te klop as ons afrond, besit behou en goed verdedig,” het Eloff gesê.

Cobus Grobbelaar en sy trop het gister ’n welverdiende rusdag gehad ná Saterdag se fisieke wedstryd teen die Chiefs op Ellispark.

Die welkome rusdag was soos musiek in die ore van veral die lostrio, Willem Alberts (agtsteman) en die flanke, Joe van Niekerk en Grobbelaar. Alberts en Van Niekerk was baie fisiek teen die Chiefs en Grobbelaar moes ’n paar steke in sy linkerooglid kry.

Dié drie sal Saterdag saam met die vaste vyf ’n groot rol in die Leeus se aanslag speel.

Eloff en sy afrigtingspan, Leon Boshoff (voorspelers) en Wimpie Vermeulen (agterspelers), wys hul 22-tal môre aan.

Tensy daar iets dramaties gebeur, sal dieselfde 22-tal wat in die oorwinning van 33-27 oor die Chiefs betrokke was, in die kragmeting met die Stormers in aksie wees.

Eloff en Vermeulen sal diep moet dink wie van Chris Jonck en Jano Vermaak die skrumskakel in die beginspan sal wees.

Jonck is die oggend voor die wedstryd teen die Chiefs na die beginspan bevorder omdat Vermaak weens griep aan die span onttrek is. Vermaak is weer reg.

Jonck het sy kans teen die Chiefs aangegryp en uitstekende skrumskakelspel gelewer.

Eloff en Vermeulen moet nou besluit of hy teen die Stormers weer in die beginspan moet wees met Vermaak op die bank, of anders om.

Die waarskynlike 22-tal van die Leeus is:

Earl Rose; Louis Ludik, Jaque Fourie, Walter Venter, Ryno Benjamin; Jaco van Schalkwyk, Chris Jonck; Willem Alberts, Joe van Niekerk, Cobus Grobbelaar (k), Gerhard Mostert, Dewald Senekal, JC Janse van Rensburg, Willie Wepener, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, Ross Geldenhuys, Franco van der Merwe, Wilhelm Koch, Jano Vermaak, Jannie Boshoff, Dusty Noble.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer