Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Stormers span Ollie dalk teen Leeus in
May 13 2008 12:10:58:237AM  - (SA)  
Stephen Nell



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die Stormers wik en weeg nog of Ollie le Roux in Saterdag se Super 14-rugbywedstryd teen die Leeus vir hulle op loskopstut sal sak, maar moenie verbaas wees as hy Saterdag op Ellispark die Kapenaars se nommer een-trui dra nie.

Rassie Erasmus, afrigter van die Stormers, wou gister nie soos gebruiklik op Maandae die media ná oefening te woord staan nie. Le Roux self is ook nie beskikbaar gestel nie.

Die span se woordvoerder, Frikkie Erasmus, het egter gesê daar is nog nie oor Le Roux se deelname besluit nie.

Al wat een van Suid-Afrikaanse rugby se grootste karakters in die verbygang gesê het toe ’n joernalis hom gevra het oor hoe dit voel om hier te wees, was: “Goed! Goed! Goed!”

Die Stormers het nie gistermiddag ’n skrumsessie gehad nie, maar daardie aspek behoort vanmiddag aandag te kry. Hul skrumwerk was vir die tweede agtereenvolgende naweek power in die gelykopstryd van 13 elk teen die Waratahs.

Met die oefentyd wat beperk is, is dit ook ’n opsie om Le Roux van die plaasvervangerbank af teen die Leeus te laat speel.

Een van die moontlikhede is om die skrum te hou soos hy is en ’n laaste kans te gee, terwyl ook besluit kan word om Brian Mujati terug na sy beste posisie op vaskopstut te skuif en vir Schalk Ferreira op loskopstut in te span.

Die laaste opsie kan beteken Le Roux speel van die bank af.

Die Stormers se afrigtingspan weet daar is nog nie sekerheid of hulle toestemming sal kry om Le Roux in ’n moontlike halfeindstryd te kan gebruik nie. - Die Stormers gaan dalk spesiale toestemming moet kry om Le Roux in ’n moontlike halfeindstryd in die Super 14-rugbyreeks in te span.

Die Super 14-reeks se toernooi-direkteur, Johan Botes, het gister aan Volksblad bevestig hy sal sy toestemming moet verleen voordat Le Roux aan ’n uitklopwedstryd mag deelneem.

Daar is ’n regulasie wat vereis dat spelers in minstens vier ligawedstryde moet speel voordat hulle in ’n halfeind- of eindstryd mag speel.

Le Roux het ’n bietjie meer as ’n week gelede nog vir die Ierse streekspan Leinster gespeel.

Die Stormers het egter ’n ernstige gebrek aan ervaring op loskopstut ná JD Moller se onlangse besering.

“ ’n Mens kyk na die omstandig-hede. Die vraag is waarom die speler nóú eers gaan speel,” het Botes gesê.

“Die argument kan wees dat hulle só uitgedun op stut sal wees dat hulle uit die staanspoor met skrums sal moet speel waarin nie meegeding word nie.

“Die reël is daar om te verhinder dat spanne hulself versterk voor ’n halfeindstryd.

“Die Stormers het al met my daaroor gepraat en ek het hulle versoek om dit op skrif te plaas.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer