Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
Hougaard nie reg vir stryd teen Cheetahs
PRETORIA. – Derick Hougaard se Super 14-rugbyseisoen is verby en daar is boonop ook ’n sterk moontlikheid dat Wikus van Heerden nie Saterdag van 17:05 af vir die Bulle teen die Vodacom-Cheetahs in Bloemfontein sal kan speel nie. Die sweer in Hougaard se boudspier het nog nie genoegsaam herstel nie en hy sal volgens die spandokter, dr. Tommie Smook, nie vir die stryd met die Cheetahs oorweeg word nie. Hougaard kon om dieselfde rede ook nie teen die Brumbies speel nie. “Dit is belangrik dat Derick se gesondheid voorkeur kry en ons hom nou die kans gee om heeltemal te herstel voordat die Curriebeker-seisoen begin. “Ek kan ook nie ontken dat Wikus dalk nie sal kan speel nie. Hy het in die wedstryd teen die Brumbies ’n skop op die knie gekry. Dit was gister nog baie geswel en ook in sy geval sal ons geen kanse waag nie, veral nie in die laaste wedstryd van die seisoen nie,” het Smook bygevoeg. Die nuus oor Hougaard is nie net vir die Bulle nie, maar ook die Blou Bulle ’n groot slag. Alles dui daarop dat Burton Francis soos teen die Brumbies weer die plaasvervanger-losskakel sal wees en hy sal gevolglik nie in die Vodacombeker-eindstryd teen die Vrystaat-Cheetahs Vrydagaand op Loftus Versfeld kan speel nie. Francis was die hele seisoen die Bloues se groot staatmaker as losskakel en een van die mees kliniese puntemasjiene in die Vodacombeker-reeks. Buiten die nuus oor Hougaard en Van Heerden, was dié oor die ander Bulle-beseerdes en -olikes bemoedigend. Bakkies Botha, Deon Stegmann, JP Nel en Zane Kirchner behoort almal teen die Cheetahs te kan speel. Frans Ludeke, die Bulle se afrigter, het gister gewaarsku dat die Cheetahs ondanks hul voorlaaste plek op die puntelys steeds gedugte teenstanders sal wees. “Net soos ons die seisoen graag op ’n hoë noot wil afsluit, sal hulle s’n soveel meer aansien met ’n oorwinning oor die verdedigende kampioen kry. Ons sal niks op ’n skinkbord kry nie, maar met die oog op die Curriebeker-reeks is dit belangrik om die momentum te behou wat ons met die agtereenvolgende seges oor die Highlanders, Waratahs en Brumbies opgebou het,” het Ludeke gesê. - TV: Saterdag van 17:05 af op SS/M-Net en SS1/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|