Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Cheetahs wil druk voor Bul-stryd verminder
May 13 2008 12:09:14:237AM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Koelkop-benadering vir Saterdag se Super 14-wedstryd om 17:00 op Vodacompark teen die Bulle kan deel van die Vodacom-Cheetahs se ingesteldheid tydens vandeesweek se voorbereiding wees.

Waar die Cheetahs vanjaar weekliks meer en meer druk gevoel het soos hul vertoningslys telkens deur nog ’n nederlaag versuur is, is dit belangrik dat die sentrale streekspan nou vir oulaas kophou om Saterdag te red wat te redde is.

Dat daar vir dié spesifieke kragmeting heelwat druk op Naka Drotské, Cheetah-breier, en sy span is, word nie betwyfel nie.

As die Cheetahs Saterdag verloor en die Leeus verras deur die Stormers op Ellispark te klop, kan die Cheetahs laaste op die puntelys in vanjaar se Super 14-reeks eindig.

Die manier waarop die span dié druk vandeesweek bestuur, kan deurslaggewend vir ’n oorwinning wees. Volgens Drotské sal die span nie onnodig oor die wedstryd paniekerig raak nie.

“Ons het vanjaar nog elke wedstryd gespeel om te wen en Saterdag sal dit weer so wees.

“Dit gaan nie help as ons druk op onsself sit nie. Ons moet wen, maar die Leeus het ook ’n moeilike wedstryd teen die Stormers.

“Dit is so ’n tawwe kompetisie, want as ons wen, kan ons bo die Leeus, die Reds en die Highlanders eindig,” het hy gesê.

By gistermiddag se spanoefening het die span ontspanne met hul voorbereidings begin deur aanvanklik die rugbybal vir die sokkerbal te verruil.

Spelers soos Tewis de Bruyn (skrumskakel), Heinrich Brüssow (flank) en Adriaan Strauss (haker) het weens ligte beserings nie aan die oefening deelgeneem nie, maar behoort Saterdag gereed te wees.

Dr. Org Strauss, spandokter, het bevestig dat die gereelde skrumskakel, Falie Oelschig, gewis weens beseerde knieligamente nie teen die Bulle sal speel nie en dat Richardt Strauss (haker) wel ’n klein knieoperasie sal ondergaan.

Soos verwag is, het Tobie Botes (skrumskakel) en Hans van Dyk (haker) van die Wildeklawer-Griekwas gister saamgeoefen om die leemtes te vul wat Oelschig en Strauss laat.

Die Cheetahs se onlangse vertoningslys beteken dat hulle Saterdag selfs op Vodacompark nie die gunsteling sal wees om die Bulle te klop nie.

Die Bulle se spel het in hul afgelope drie wedstryde verbeter.

Ná drie agtereenvolgende oorwinnings het die Gautengers straks nou hul beste spelpeil van die seisoen bereik.

“ ’n Mens hoef net na die name in hul span te kyk,” het Drotské gesê.

“Dit is ’n klomp Wêreldbeker-Bokke en daar is baie gehalte en ervaring.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer