Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Ollie mag vir Stormers speel, maar gaan nie
May 13 2008 11:24:05:560PM  - (SA)  
Stephen Nell



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Vir Ollie le Roux is die Kaap Hollands, al sal hy nie Saterdag vir die Stormers teen die Leeus op Ellispark speel nie.

Rassie Erasmus, afrigter van die Stormers, het gister gesê die voormalige Springbok-stut is nie deel van sy planne vir hierdie naweek se belangrike Super 14-rugbywedstryd in Johannesburg nie.

“Ek het van die begin af gesê hy help ons maar net. Hy is ’n vriend van my en het vandag ’n bietjie met die skrums gehelp,” het Erasmus gesê.

“Ek dink ons sal teen die Leeus met Brian Mujati op vaskopstut begin, met Schalk Ferreira op loskop en Brock Harris van die bank af.”

Die Stormers het nietemin gister amptelik toestemming by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gekry om Le Roux in te span.

Dit is deur Saru se bestuurder van regsaangeleenthede, Christo Ferreira, bevestig.

Le Roux is ook gister by Durbanville se rugbyklub geregistreer en vrygestel deur rugbyowerhede in Ierland, waar hy ’n paar weke gelede nog vir Leinster gespeel het.

Dit beteken hy voldoen aan die vereistes indien die Stormers hom sou nodig hê.

Daar is ook ’n moontlikheid dat toestemming verleen kan word om hom in die halfeindronde in te span.

“Rassie het my gevra of ek ’n bietjie kan help met die jong manne,” het Le Roux gesê.

“Natuurlik sal ek graag my buiging (vir die Stormers) wil maak!”

Oor hoe dit is om in die Kaap te wees, het Le Roux geantwoord: “Die Kaap is Hollands!” “My pa het hier gespeel vir Valsbaai. Dit sal lekker wees om ’n bietjie te kan rondhardloop.”

Le Roux is ook glad nie verbaas oor die sukses wat die Stormers vanjaar behaal het nie.

“Ek kan sien wat Rassie Erasmus (afrigter) hier geskep het, is dieselfde as wat hy by Vrystaat gedoen het.

“Toe ek hoor hy kom, het ek geweet die Stormers se son sal weer opkom. As jy 45 000 mense by ’n wedstryd kry waar daar nat weer is, doen jy iets reg.”

Op die vraag of die volgende paar weke vir hom ’n lekker manier sal wees om sy loopbaan af te sluit, het Le Roux die media grappenderwys op die vingers getik.

“Julle ouens vra my al jare oor my vaarwel. Ek het al ’n paar gehad!”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer