Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 10-31°CVoorspellings |
|
Cheetahs kan guns terugwen
’n Beter kans as eerskomende Saterdag om hul ondersteuners se goeie guns gedeeltelik terug te wen sal die Vodacom-Cheetahs nie sommer kry nie. Hoewel hul kragmeting met die Bulle om 17:05 op Vodacompark geen invloed op die belangrike deel van die Super 14-puntelys kan hê nie, maak die onlangse geskiedenis tussen dié spanne nietemin van die wedstryd ’n heerlike vooruitsig. Die Cheetahs sou wat wou gee om vanjaar meer oorwinnings op hul kerfstok te kon hê, maar ’n sege oor die Super 14-kampioen sal plaaslike ondersteuners, ongeag die situasie, laat ril van lekkerkry. “Ons het in die laaste vier jaar drie keer teen hulle in ’n eindstryd gespeel. In dié tyd het daar ’n spesiale wedywering tussen ons en hulle ontstaan en dit is altyd ’n groot wedstryd as die Bulle en die Cheetahs speel,” het Naka Drotské, Cheetah-breier, gister gesê. Die Bulle is op hul beurt ook besig om die skade van ’n teleurstellende seisoen te probeer herstel en oorwinnings oor die Highlanders, Waratahs en Brumbies het Frans Ludeke (afrigter) se span skynbaar weer op koers geplaas. Die Cheetahs kon die Bulle boonop nog nooit in Super 14-rugby klop nie. Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het ook erken dat hoewel hy Saterdagaand ’n voorlopige Springbok-groep aanwys, ’n speler met ’n goeie vertoning oor die naweek hom nog van sy waarde kan oortuig. Dié spanne sal daarom niks aan toeval oorlaat nie en ’n inklimstryd word verwag. ’n Tweestryd tussen veral die vleuels Jongi Nokwe (Cheetahs) en Akona Ndungane (Bulle), die senters Meyer Bosman (Cheetahs) en Wynand Olivier (Bulle), en die agtstemanne Duanne Vermeulen (Cheetahs) en Pierre Spies (Bulle) gee aan De Villiers ’n finale kans om die spelers op te weeg voordat hy sy groep aanwys. Die Cheetahs se Adriaan Strauss (haker, gewrig), Heinrich Brüssow (flank, skouer), Tewis de Bruyn (skrumskakel, bobeen) en Eddie Fredericks (vleuel, enkel) se deelname aan vandeesweek se oefeninge is wel deur beserings belemmer. Buiten Falie Oelschig (skrumskakel, knie) en Richardt Strauss (plaasvervanger-haker, knie) se afwesigheid, meen Drotské daar behoort nie verdere veranderinge aan die 22-tal vir die wedstryd te wees nie. Weens die talle krankes sal die beginspan egter eers vandag aangekondig word. Dit sal dan bekend wees of Bevin Fortuin (heelagter) ten koste van Hennie Daniller ’n kans in die beginspan gaan kry en wie van De Bruyn of Tobie Botes die Cheetah-skrumskakel teen die Bulle gaan wees. - TV: Saterdag van 17:05 af op SS/M-Net en SS1/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|