Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Van Heerden beseer; losskakel moeilike keuse vir Ludeke
PRETORIA. – Die Springbokflank Wi-kus van Heerden is die tweede Bulle-speler wie se Super 14-rugbyseisoen met ’n week kortgeknip is. ’n Ondersoek het gister getoon dat Van Heerden kraakbeen in sy een knie geskeur het en ’n klein operasie sal moet ondergaan. Van Heerden se knie is verlede Vrydagaand in die wedstryd teen die Brumbies op Loftus Versfeld beseer. Hy sal soos die losskakel Derick Hougaard nie Saterdag vir die Bulle teen die Vodacom-Cheetahs in Bloemfontein in albei spanne se laaste wedstryd van die seisoen kan speel nie. Dr. Tommie Smook, die Bulle se spandokter, het gister gesê hoewel die swelling aan Van Heerden se beseerde knie heelwat gesak het, het die MR-skandering ’n kraakbeen-skeurtjie uitgewys. Van Heerden, ook die Bulle se onderkaptein, sal in die beginspan deur Pedrie Wannenburg vervang word. Sy bevordering baan die weg vir die terugkeer van die jong Dewald Potgieter, wat laas op die toer na Australasië gespeel het. Potgieter het gister gesê hy het heeltemal van die besering herstel wat hom vroeër na Suid-Afrika laat terugkeer het. Hy behoort volgens alle aanduidings die plaasvervanger-losvoorspeler te wees. Hougaard se probleem, ’n sweer in sy boudspier, het die afrigter, Frans Ludeke, voor ’n moeilike keuse geplaas wat gisteroggend tydens die oefening duidelik nog nie gemaak is nie. Burton Francis, die Blou Bulle se Vodacombeker-losskakel wat teen die Brumbies vir die Bulle op die bank was toe Hougaard ook nie kon speel nie, was een van twee bykomende losskakels wat saam met die Bulle geoefen het. Francis is een van die Blou Bulle se sleutelspelers en Ludeke sal goed moet dink voordat hy hom aan die Vodacombeker-eindstryd Vrydagaand op Loftus onttrek om vir die Bulle op die bank te sit. Dat Ludeke beslis ook ’n ander plan kan hê, was duidelik uit die teenwoordigheid van ’n nog jonger losskakel, Francois Brummer. Die aanduidings is dat Brummer Vrydag saam met die Bulle na Bloemfontein sal reis, maar dat Francis nie uit die pren-tjie is nie. Ludeke het gister aangedui dat “ons alles moontlik wil doen om die Blou Bulle so goed moontlik vir die eindstryd toe te rus”, wat kan beteken dat Francis Vrydagaand sal speel. ’n Ander moontlikheid wat gister genoem is, is dat Francis hom Saterdagoggend by die Bulle sal aansluit om die plaasvervanger-losskakel te wees mits riglyne van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nie in die proses oortree word nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|