Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 4-13°CVoorspellings |
|
Vonke gaan Saterdag op Ellispark in die skrums spat
JOHANNESBURG. – Die vonke gaan Saterdag van 15:00 af op Ellispark spat wanneer twee gewese spanmaats mekaar die stryd in die voorry aansê in die Super 14-rugbywedstryd tussen die Leeus en die Stormers. Om die adrenalien in dié vingerlek-voorrystryd ’n bietjie verder op te jaag, byt die Leeus nie aan die storie dat die gewese Springbok-stut Ollie le Roux nie lid van die Stormers se 22-tal is nie. Le Roux het vandeesweek saam met die Stormers geoefen omdat hulle ’n probleem op loskopstut het weens die besering van JD Moller. Schalk Ferreira is gister op loskopstut ingesluit. Die Leeus het die nuus dat Le Roux weens ’n kuitbesering nie in die 22-tal van die Stormers opgeneem is nie, met ’n knippie sout geneem. “Ons berei ons nie voor om teen Ollie of een van die ander stutte te speel nie. Ons fokus net daarop om goed teen die Stormers te skrum, maak nie saak wie speel nie,” sê die afrigter, Eugene Eloff. Die voorspeler-afrigter, Leon Boshoff, wat saam met die afrigter van die Stormers, Rassie Erasmus, Super-rugby vir die Katte gespeel het, het net gelag toe hy gehoor het van Le Roux se besering. “Almal ken Rassie Erasmus. Hy is iemand wat hou van verrassings. Hy het Ollie nodig om die Stormers in die halfeindstryd te kry. “As hy (Le Roux) teen ons speel, sal hy probeer om die Leeus te intimideer. Daarom is dit lekker om te weet Marius Jonker is Saterdag die skeidsregter. Hy sal sien wat gebeur,” sê Boshoff. Die groot tweestryd tussen Heinke van der Merwe, loskopstut van die Leeus, en Brian Mujati, vaskopstut van die Stormers, kan ’n beslissende faktor wees. Dié twee 23-jarige stutte het in 2006 hul Curriebeker-buiging vir die Leeus teen die Haaie gemaak en was verlede seisoen ook spanmaats in die Leeus se Super 14-veldtog. Hul kombinasie is vroeër vanjaar verbreek met Mujati se besluit om die Leeus vir die Stormers te verruil. Saterdag sal dit beslis nie meer ’n geval van broederskap tussen dié twee wees nie. Volgens Boshoff ken die Leeus Mujati se sterk- en swakplekke as vaskopstut. - TV: Saterdag van 15:00 af op SS/M-Net en SS1/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|