Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Sege sal wys
Bulle kan soos wenners speel
PRETORIA. – ’n Oorwinning oor die Vodacom-Cheetahs Saterdag in Bloemfontein sal die volvoering wees van ’n besluit wat die Bulle onmiddellik ná hul groot nederlaag teen die Hurricanes op Loftus Versfeld geneem het. “Ons is dié seisoen met goeie reg gekritiseer oor ons Super 14-vertoningslys, maar verdien ook erkenning vir die wyse waarop ons opgestaan nadat ons ná vyf agtereenvolgende nederlae amper uitgetel was,” het die Bulle se kaptein, Fourie du Preez, gister gesê. “Die nederlaag teen die Hurricanes (22-50) was myns insiens die keerpunt van die seisoen omdat ons dié aand almal saam besluit het genoeg is genoeg. En ons het met die daaropvolgende oorwinnings oor die Highlanders, Waratahs en Brumbies gewys dat daar nog baie skop en trots in die Bulle oor is.” Volgens Du Preez wil die Bulle die seisoen só afsluit dat mense sal onthou waarom hulle verlede jaar die eerste Suid-Afrikaanse span geword het wat die Super 14-titel verower het. Hy en die afrigter, Frans Ludeke, meen daar is baie aansien op die spel vir die Bulle en die Cheetahs, al is hulle lank nie meer in die halfeindronde-wedloop nie. “Plaaslike derbies lewer altyd ’n klipharde tweestryd op en ’n mens moet onthou dat die Cheetahs met ’n oorwinning seker kan maak dat hulle nie laaste eindig nie. “ ’n Vierde agtereenvolgende sege vir die Bulle sal verseker dat ons die Curriebeker-reeks met groot momentum en selfvertroue sal kan aandurf,” het Ludeke gesê. Oor die 49 drieë wat die Cheetahs reeds dié seisoen afgestaan het, het Ludeke gesê dit dui nie op swak verdediging nie. Dit is ’n daarom ope vraag of die kanaal tussen die buitesenter en linkervleuel ’n potensiële swak skakel in die Cheetahs se verdediginglinie is. “Hulle is selde dié seisoen deur teenstanders onderskat en was in baie van hul wedstryde ongelukkig. Hulle speel goeie rugby en gegewe die geskiedenis tussen ons en hulle sal daar geen genade gegee of gevra word nie,” het Ludeke bygevoeg. Ludeke het net een verandering aan die beginspan aangebring wat teen die Brumbies in aksie was. Die beseerde Wikus van Heerden word op flank deur Pedrie Wannenburg vervang. Die Bulle se span is: Zane Kirchner; Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Bryan Habana; Morné Steyn, Fourie du Preez (k); Pierre Spies, Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Bakkies Botha, Werner Kruger, Derick Kuün, Gurthro Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Rayno Gerber, Jaco Engels, Danie Rossouw, Francois Hougaard, Burton Francis, Hilton Lobberts. TV: Saterdag van 17:05 af op SS/M-Net en SS1/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|