Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Splinternuwe skakelpaar
May 14 2008 11:23:39:407PM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Vodacom-Cheetahs se afrigting-span het gister die haas uit die hoed gepluk vir hul laaste Super 14-rugbywedstryd wat Saterdag om 17:05 teen die Bulle op Vodacompark gespeel word.

Nadat dit aanvanklik verwag is dat een van Tobie Botes of Tewis de Bruyn in die beseerde Falie Oelschig se plek op skrumskakel sou speel, is Botes en De Bruyn in die beginspan as ’n splinternuwe skakelpaar gekies.

Albei dié spelers is veelsydig en het ervaring as skrumskakel óf losskakel, maar De Bruyn sal die losskakel-pligte Saterdag uitvoer.

Botes se spanmaat van die Wildeklawer-Griekwas, Conrad Barnard, se weglating as losskakel is een van vier veranderings aan die agterlyn vir die Cheetahs se laaste kans om verlore eer in die Super 14-reeks te kry.

Die heelagter, Hennie Daniller, en die senter J.W. Jonker is ook in die beginspan vervang waar Bevin Fortuin en Hendrik Meyer onderskeidelik hul plekke inneem.

Dit is ’n agterlyn met ’n vars voorkoms wat die Bulle gaan aandurf, terwyl geen veranderinge aan die agttal aangebring is nie.

Die Cheetah-slot Rory Duncan, wat die sentrale streekspan vanjaar op verskeie geleenthede aangevoer het, is weer as Barend Pieterse se slotmaat gekies.

Duncan het gesê hy weet sy span kán ondanks ’n eina vertoningslys die soort rugby speel waarvoor almal hoop.

“Ons is teleurgesteld in onsself vir al die nederlae. Ons speel nou ’n tuiswedstryd en wil op ’n hoë noot eindig en aan ons ondersteuners wys ons kán die Curriebeker terugbring,” het Duncan gesê.

Volgens Duncan sal die span gewis wil keer dathulle laaste in die Super 14-reeks eindig, maarglo die gees in die Cheetah-kamp is nog goed genoeg vir ’n laaste wenpoging.

“Ons moet al die klein foute uitsny, asook die verbroude duikslae. As ons dit regkry, kan ons ’n span van gehalte wees,” meen hy.

Die onsekerheid oor Duncan se toekoms as Cheetah-speler is intussen nog nie opgeklaar nie en hy wik en weeg steeds of hy sy rugby voortaan in Bloemfontein, of oorsee gaan speel.

Sou hy wél besluit om oorsee te gaan, kan Saterdag se wedstryd Duncan, asook sy slotmaat Pieterse, se laaste Super 14-wedstryde vir die Cheetahs wees.

Pieterse het sy uittrede aan die einde van die jaar aangekondig.

Naka Drotské het intussen die heelagter Wilton Pietersen (19) oortuig om nog drie jaar in die Vrystaat te bly.

Die Cheetah-span teen die Bulle is:

Bevin Fortuin; Eddie Fredericks, Hendrik Meyer, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Tewis de Bruyn, Tobie Botes,;Duanne Vermeulen, Juan Smith (k), Heinrich Brüssow, Barend Pieterse, Rory Duncan, CJ van der Linde, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Hans van Dyk, Bees Roux, David de Villiers, Hendro Scholtz, Conrad Barnard, JW Jonker, Hennie Daniller.

- TV: van 17:05 af op M-Net en SS1

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer