Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Tobie en Tewis kan vonk as
Cheetah-skakelpaar verskaf
Die onverwagse keuse van Tobie Botes en Tewis de Bruyn as die Vodacom-Cheetahs se skakelpaar moet môre ’n verrassende uitwerking in die Super 14-wedstryd om 17:05 op Vodacompark teen die Bulle hê. Die Cheetah-afrigtingspaar van Naka Drotské en Hawies Fourie het vandeesweek waagmoed getoon met hul spankeuses in die agterlyn. Plaaslik word gehoop dié veranderings kan ’n vonk in die aanval, en veral die verdediging, verskaf wat die Bulle môre verras. Botes en De Bruyn het immers nog net 20 minute as skakelpaar gespeel toe Botes as plaasvervanger op die veld verskyn het in die nederlaag teen die Crusaders in Christchurch. Hoewel Botes, wat sy rugby vir die Wildeklawer-Griekwas speel, se eerste beginkans vir die Cheetahs ’n moeilike tweestryd met die Bulle se Fourie du Preez beteken, is hy ’n opwindende en onvoorspelbare speler wat al lank jeuk om op dié vlak te speel. Fourie het ook deeglike kennis van De Bruyn se vermoëns as losskakel, aangesien dié breier De Bruyn in dié posisie gekies het toe albei verlede jaar nog by die Boland Kavaliers was. “Sy verdediging is goed en hy kan (met die bal in die hand) ’n span op die voorvoet kry, want hy kry dit reg dat spelers van hom af speel. “Dit is nie dat ons ontevrede met Conrad Barnard se spel was nie, maar ek sal graag wil sien of hy (De Bruyn) in ’n tawwe wedstryd op losskakel kan presteer of nie,” het Fourie gesê. De Bruyn se vermoë om die nodige afstand en veldposisie vir sy span met sy skopskoen te beklink sal deurslaggewend wees. Hy is wel ’n baie vaardige speler en sal die vaardighede volkome moet inspan om sy stempel af te druk. ’n Besering het vandeesweek ’n stokkie voor die Bul-losskakel, Derick Hougaard, se deelname aan môre se wedstryd gesteek. Morné Steyn was nietemin die afgelope paar weke die man in die saal en sal weer die sleutelposisie teen die Cheetahs beklee. Volgens Fourie is Steyn buitendien ’n beter verdediger as Hougaard. Fourie het gister gesê die besluit om vier veranderings aan die agterlyn aan te bring is geneem aangesien die afrigtingspan ook graag speelkans aan spelers soos Botes en Hendrik Meyer (senter) wou gee. Dié spelers moes vanjaar met min speelkans tevrede wees. Meyer het gister erken dat hy angstig is om speelkans in die beginspan te kry. Die heelagter, Bevin Fortuin, het ook vanjaar na die rugbyveld teruggekeer nadat hy verlede jaar ’n ernstige heupbesering opgedoen het. Hy is bekend as ’n bestendige speler in die laaste vesting en sal dié reputasie môre uit die staanspoor gestand wil doen.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|