Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Haaie nog onseker oor span
May 16 2008 12:17:07:370AM  - (SA)  
Liam Del Carme



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Die Haaie wik en weeg steeds oor hul spankeuse vir môre se Super 14-rugbywedstryd teen die Chiefs in Durban en sal die span dalk eers net voor die afskop bekend maak.

Sansar bepaal Super 14-spanne moet 24 uur voor die begin van ’n wedstryd aangewys word, maar daar is aanduidings dat die Haaie hulle vandag nie aan dié reël gaan steur nie.

Daar is in elk geval nie tugmaatreëls om dié wanpraktyk hok te probeer slaan nie.

Die Haaie en die Chiefs pak mekaar môre van 19:10 af in die laaste ligawedstryd in die reeks en die uitslag van dié kragmetting sal die halfeindstryd-legkaart voltooi.

Die Chiefs het gister ’n gelapte span aangewys, maar die Haaie wou nie hul kaarte wys nie.

Dit lyk egter al hoe meer asof die senter Frans Steyn en die vaskopstut BJ Botha nie sal speel nie.

Botha se plek sal deur Jannie du Plessis ingeneem word.

Steyn kan dalk speel as die tuisspan ’n oorwinning en ’n tros drieë nodig het om die halfeindstryd te haal. As net ’n sege nodig is, sal dié veelsydige Springbok waarskynlik toegelaat word om vir die uitspeelwedstryde te rus.

Die slot Steven Sykes kan ten koste van Johan Ackermann in die span wees as die Haaie die bal van die begin af moet rondgooi.

Die ander slot sal beslis die kaptein, Johann Muller, wees. Hy het van ’n kuitspierbesering herstel.

Hoewel die Chiefs hul span aangewys het, bestaan daar steeds twyfel oor die deelname van die agtsteman Sione Lauaki en die vleuel Sitiveni Sivivatu.

As die Chiefs met die afskop hulle nie meer vir die uitspeelwedstryde kan kwalifiseer nie, sal dié twee nie in die wedstryd betrokke wees nie.

“Sione is besig om te verbeter. Of hy dit vinnig genoeg doen, weet ek nie,” het die Chiefs se afrigter, Ian Foster, gesê.

“Sitiveni se enkel herstel vinnig, maar ons kan nog nie ’n besliste antwoord gee nie. Stephen Donald (losskakel) het nog ’n seer nek,” het Foster gesê.

Selfs met die versterkings Brendon Leonard, Murray Williams, Nathan White en John Paeranga wat hulle uit Hamilton by die groep aangesluit het, gee Foster toe dit gaan môre ’n opdraende-stryd wees.

“Dit gaan moeilik wees. Dit was ’n ontwrigtende week, maar ons het goed geoefen.

“Ons moet ons geestelike voorbereiding reg kry, want dit gaan baie moeilik wees om fisiek reg te wees,” het Foster gesê.

Die spanne is:

Haaie (waarskynlik): Stefan Terblanche; Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Brad Barritt, JP Pietersen; Ruan Pienaar, Rory Kockott; Ryan Kankowski, AJ Venter, Jacques Botes, Johann Muller (k), Johan Ackermann, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira.

Chiefs: Sosene Anesi; Lelia Masaga, Mils Muliaina (k), Callum Bruce, Sitiveni Sivivatu/Viliame Waqaseduadua; Stephen Donald, Brendon Leonard; Sione Lauaki/Hayden Hopwood/Faifili Levave, Tanerau Latimer, Liam Messam, Kevin O’Neill, Jono Gibbes, Ben Castle, Tom Willis, Aled de Malmanche.

PLAASVERVANGERS: Viliame Waqaseduadua/Murray Williams, Dwayne Sweeney, Jamie Nutbrown; Sione Lauaki/Hayden Hopwood/Faifili Levave, Toby Lynn, Nathan White, John Paeranga. - TV: môre van 19:10 af op M-Net en SS1/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer