Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Aussie-rugbylegende vol lof vir Januarie
May 16 2008 12:16:35:010AM  - (SA)  
Stephen Nell



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die Australiese rugbylegende Nick Farr-Jones het gister tydens ’n besoek hier die Stormers se skrumskakel, Ricky Januarie, groot lof toegeswaai.

“Ek het die Super 14 ’n bietjie dopgehou en Ricky speel voortreflike rugby,” het een van die helde van die Wallabies se Wêreldbeker-oorwinning in 1991 gesê.

Farr-Jones het die Wallabies in 36 van sy 63 toetse aangevoer.

“Ricky het goeie organiserings-vermoë en is ’n vurige speler. Hy het ’n goeie skoppie en moet ook fyn deur verdedigers dopgehou word,” het hy bygevoeg.

“Ek is beïndruk deur die gees wat by die Stormers deurkom, en ook deur hul speelstyl.

“Daar is vanjaar ’n paar uitstekende skrumskakels in die Super 14-reeks. Ek het egter te min gesien om ’n opinie uit te spreek oor wie vir die Springbokke behoort te speel.

“Luke Burgess van die Waratahs het vanjaar ook baie goed gedoen en ek dink hy sal vir die Wallabies speel.”

Farr-Jones het gister as ondersteuner van die JAG-stigting by die Hoërskool Trafalgar in die Moederstad besoek afgelê. - Intussen is Januarie môre op Ellispark vir die Stormers ’n sleutelspeler in hul Super 14-wedstryd teen die Leeus.

Hy kan teen sy ou span met ’n sterk vertoning weer wys waarom hy ’n sterk aanspraakmaker is om die Groen en Goud vanjaar te dra. Hy is tot op spelpeil vanjaar tot dusver Suid-Afrika se voorste skrumskakel.

Vir die Stormers is ’n oorwinning ononderhandelbaar en hulle sal waarskynlik moet seker maak hulle behou hul voordeel in terme van punteverskil oor die Haaie.

Terwyl albei dié Suid-Afrikaanse spanne aanstaande week se halfeindronde kan haal, sal daar na verwagting net vir een van hulle plek wees. - Farr-Jones het gister ook sy steun aan rugby se proefreëls toegesê, maar meen ’n kompromie is nodig om die Noordelike en Suidelike Halfrond bymekaar te bring.

“Ek dink nie ons hoef ál die proefreëls in te sluit nie, maar dit was ’n goeie begin,” het hy gesê.

“Ons het baie meer opwindende rugby gesien. Ek dink ’n kompromie moet aangegaan word. Die Noordelike Halfrond is nie baie opgewonde daaroor nie.

“Daar sal ’n bietjie gee en neem aan albei kante moet wees.

“In die Suide moet ons nie als té vinnig en dramaties deurdruk nie, en ek dink in die Noorde moet hulle besef ’n bietjie verandering sal goed wees vir die spel.”

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer