Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Cheetah-agttal moet vordering teen Bulle wys
Die Vodacom-Cheetahs se agttal moet môre wys hy het vanjaar gevorder tot ’n eenheid wat voortaan die grondslag van ’n suksesvolle span kan wees. Die Cheetahs en die Bulle was oor die afgelope seisoene in menige taai voorspelerstryde gewikkel en môre se wedstryd om 17:05 op Vodacompark behoort dié tradisie voort te sit. “Dit is die een ding wat die Bulle doen. Hul hele plan is om momentum met die voorspelers te kry. “As jy hulle nie fisiek aanvat nie, gaan jy tweede kom,” het Naka Drotské, afrigter van die Cheetahs, gister gesê. Waar die Cheetahs vanjaar sonder voorspelers soos Os du Randt, Ollie le Roux, Jannie du Plessis, Corniel van Zyl en Ryno van der Merwe moes klaarkom, het die Bulle onder meer Victor Matfield en Gary Botha se afwesigheid gevoel. Die Cheetahs se agttal is nietemin voor die aanvang van vanjaar se Super 14-reeks as die Cheetahs se sterk punt uitgewys en die agttal kon veral in die vroeëre wedstryde sy stem dik maak. Juan Smith (kaptein en flank) en CJ van der Linde (stut) het wel verskeie wedstryde vanjaar weens beserings misgeloop, maar dit was grootliks dieselfde voorspelers wat weekliks die wit trui oor die kop getrek het. Dié bestendigheid in spankeuses het Drotské-hulle toegelaat om nuwelinge in die agttal gereelde blootstelling te gee. “Ouens soos Adriaan Strauss, Heinrich Brüssow en Duanne Vermeulen was ’n jaar of wat gelede nog nie groot name nie, maar hulle het vanjaar ’n uitstekende seisoen gehad,” het Drotské gister gesê. Die Bulle se Derick Kuün, Wilhelm Steenkamp en Deon Stegmann moes vanjaar ook groot skoene vul en baie word in Pretoria van hulle verwag. Al die jongelinge behoort môre deel te wees van ’n vurige wedstryd tussen twee spanne wat die afgelope paar jaar in groot kragmetings gewikkel was. By gistermiddag se oefening het die Cheetahs wel ’n groot terugslag beleef toe die senter Meyer Bosman ’n dyspierbesering opgedoen het. Volgens Org Strauss, Cheetah-spandokter, het verdere ondersoek na die besering nie Bosman se lot verseël nie en sal hy tot môre kans gegun word om te herstel. Indien Bosman nie speel nie, sal Hendrik Meyer van buitesenter na binnesenter skuif, met JW Jonker (plaasvervanger) wat dan weer die buitesenter sal wees. In dié geval sal Jacques-Louis Potgieter, wat kans gegee word om sy fiksheid volkome vir die Curriebeker-reeks te herwin, op die plaasvervanger-bank sit om Jonker se leemte te vul. Die Cheetah-span is: Bevin Fortuin; Eddie Fredericks, Hendrik Meyer/JW Jonker, Meyer Bosman/Hendrik Meyer, Jongi Nokwe; Tewis de Bruyn, Tobie Botes; Duanne Vermeulen, Juan Smith (k), Heinrich Brüssow, Barend Pieterse, Rory Duncan, CJ van der Linde, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Hans van Dyk, David de Villiers, Hendro Scholtz, Conrad Barnard, JW Jonker/Jacques-Louis Potgieter, Hennie Daniller. - TV: môre van 17:00 af op M-Net en SS1/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|