Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Langverwagte ‘meesterstuk’ hier
Apr 29 2008 10:49:40:753PM  - (SA)  
Fanie van Rooyen



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. – Die langverwagte videospeletjie Grand Theft Auto (GTA) IV is van gister in Amerika, die Verenigde Koninkryk (VK) en ook Suid-Afrika beskikbaar – en dit word reeds bestempel as onder meer “speletjie van die jaar” en “byna perfek”.

BBC News het gister op sy webtuiste (news.bbc.co.uk) berig dié speletjie, vir sowel Playstation 3- as Xbox 360-konsoles, is reeds voor sy uitreiking deur verskeie resensente as ’n baanbreker in speletjie-tegnologie bestempel.

Daar word verwag dat GTA IV oor die wêreld heen die rekords sal laat spat wat vinnige rekordgetal-verkope betref.

Dít ondanks die feit dat die speletjie ’n ouderdomsbeperking van “18” in Brittanje en “Mature” in Amerika gekry het.

Me. Judy Loubser, speletjie-aankoper vir Look&Listen in Suid-Afrika, het gister gesê voorraad van GTA IV word nou na Look&Listen-takke oor die land heen versprei.

“Al die vakansiedae het dit moeilik gemaak, maar in die meeste Look&Listen-winkels is GTA IV reeds beskikbaar.

“Daar is nog nie statistieke bekend oor hoe vinnig dit verkoop nie, maar ons verwag ongetwyfeld dat dit ’n blitsverkoper gaan wees,” het Loubser gesê.

Resensies vir GTA IV was volgens BBC News sover eenstemmig in hul lof.

Eurogamer.com het dit as die “speletjie van die jaar” bestempel en dit ’n resensiepunt van tien uit tien gegee.

Die New York Times het gesê GTA IV “bied ’n nuwe vlak van diepte en ’n totaal nuwe interaktiewe vermaaklikheidservaring”.

Kundiges voorspel dat GTA IV verlede jaar se rekordverkope van $300 miljoen binne die eerste week in Amerika, van Microsoft se Halo 3 , in die stof gaan agterlaat.

Meer as 70 miljoen kopieë van die GTA -reeks se ander titels is al oor die wêreld heen verkoop.

Die reeks is egter ook erg gekritiseer weens dié speletjies se sogenaamde verheerliking van geweld.

Daar word volgens Sapa-DPA verwag dat die eerste week van GTA IV-verkope in Amerika tussen $360 miljoen en $400 miljoen sal inbring.

Mnr. Marc Cieslak van BBC News het gesê in GTA IV moet jy, as die speletjie-karakter Niko Bellic, motors steel, banke beroof, vyande beveg en “basies chaos saai” in die sogenaamde Liberty City – wat op New York gegrond is.

“Liberty City is basies net so groot soos die regte New York en die vlak van detail en enorme omvang van die speletjie is asemrowend.

“Dit laat ander soortgelyke speletjies hol en leeg lyk,” het Cieslak gesê.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer