Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Skrywerstrio kry dalk nóg pryse
Apr 30 2008 10:06:49:690PM  - (SA)  
Gerrit Brand



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

VIR dié wat het, sal nóg gegee word. Só lyk dit as ’n mens die kortlyste vir die Via Afrika- en Jan Rabie/Rapport-pryse bekyk.

Etienne van Heerden, Breyten Breytenbach en Deon Meyer kom dalk ook in aanmerking vir die titel van manlike trio in die literêre sterrehemel.

Hulle het reeds verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale bekronings op hul gesamentlike kerfstok en is, luidens ’n persverklaring, nou ook as finaliste aangewys vir die W.H. Hofmeyr-prys vir Afrikaanse letterkunde.

Die lofwaardige boeke is Asbes-middag deur Van Heerden, die digbundel Die Windvanger (wat pas ook met die Universiteit van Johannesburg-prys bekroon is) van Breytenbach en Onsigbaar deur Meyer.

Op die kortlys vir die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende Afrikaanse letterkunde is ook die roman Die Hemelklip deur Tobea Brink, die kortverhaalbundel Op ’n Plaas in Afrika deur Helena Gunter (wat onlangs die Eugène Marais-prys ontvang het). en die roman Siegfried deur Willem Anker (pas met die Universiteit van Johannesburg se debuutprys bekroon).

In die pylvak vir die Recht Malan-prys vir nie-fiksie is Andrew Feinstein se After the Party, David Robbins se On the Bridge of Goodbye en Mark Gevisser se Thabo Mbeki - The Dream Deferred.

Die finaliste vir die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke is Louise Smit en Tanja Joubert met Haas Das Raak Weg, die Bloemfonteinse skrywer Fanie Viljoen en Diek Grobler vir Kits Krinkel en die Vlammende Swaard, en Wendy Hartmann met Nina and Little Duck.

Op die kortlys vir die MER-prys vir jeugromans is The Goblet Club deur S.A. Partridge, Vuil Skottelgoed deur Derick Muller, en Vyf Ses Skerp Mes deur Bridgette Labuschagne.

Om die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse letterkundige skryfwerk en outobiografie ding mee: Niq Mhlongo met After Tears, Brent Meersman met Primary Coloured, en Gail Dendy met The Lady Missionary.

Die W.A. Hofmeyr-, Recht Malan-, MER- en Herman Charles Bosman-prys word toegeken vir titels wat deur die Via Afrika-uitgewersgroep gepubliseer is.

Werke van enige uitgewer kom egter vir die Jan Rabie/Rapport-prys in aanmerking.

Die wenner in elke kategorie ontvang R30 000.

Die wenners sal op 15 Junie aangekondig word op ’n geleentheid wat met die Kaapstadse Boekeskou saamval.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer