Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Tsotsi-ster vinnig groot
Presley Chweneyagae, ster van die Oscar-bekroonde Tsotsi, gee nie om om die kollig te deel nie, solank dit om die regte redes is, het hy aan SONNETTE LOMBAARD vertel. TSOTSI se Presley Chweneyagae het grootgeword. Blitsig ook. Hy móés: Die een oomblik was dié Noordwes-boorling omgewe van internasionale lofliedere en rooitapytglans en die volgende duik hy tot amper agter die tralies. Alles binne drie jaar waarin hy ook sy 21ste verjaardag gevier het. Ja, bieg Chweneyagae, dinge het vinnig gebeur. Hy het van oorkant die Jukskeirivier – hy is nou ’n Pretorianer – gereis om sy nuwe plaaslike fliek, More than just a Game, in die Goudstad te bemark. Hy skram nie weg van die klad op sy ster toe hy verlede jaar skuld op rybewysbedrog beken het en ’n boete moes opdok om tronkstraf vry te spring nie. Dis nie dat hy nié van beter weet nie – in sy grootword-township in Mafeking dra sy ouers albei polisie-uniforms, voeg die stewige Chweneyagae by. Dis waar hy as tiener Griekse tragedies en Shakespeare ontdek. Soggens het hy skool gegaan, middae het hy dramalesse gehad. Op 20 was hy nommerpas vir die hoofrol in Gavin Hood se Tsotsi, gegrond op die Athol Fugard-boek. Die fliek het wyd aangegryp, die Oscar gewen as beste buitelandse prent en aan Chweneyagae pryse en roem besorg. Hy onthou dit moeiteloos: “Op die Oscar-aand moes ek myself knyp om seker te maak ek droom nie. Ons is oral heen gevlieg, het met bekendes bladgeskud . . . ” Disneyworld was die kersie op die koek. By dié soet kom toe die suur met die rybewysrelletjie. Hy weet nou die kollig kan brand ook, maar “dis deel van grootword en van leer soos jy aangaan”. Chweneyagae het intussen aanbeweeg en is trots deel van More than just a Game, die doku-drama oor vyf politieke aktiviste wat as jong gevangenes ’n sokkerliga op Robbeneiland begin het. Self blaas hy gereeld die vuvuzela by sokkerwedstryde en wou nog altyd in ’n ware storie speel. En terwyl Tsotsi grootliks ’n eenman-show was, is die sokkerfliek spanwerk, vertel Chweneyagae. Voorts is die vervaardiger Anant Singh lankal ’n rolmodel, maar die eintlike ervaring was om in die diep spore te loop van diegene wat gehelp het dat hy vandag as deel van ’n nuwe generasie Suid-Afrikaners sy deel kan doen. Hy speel die rol van Mark Shinners, die stil aktivis, en hoop hy laat reg geskied aan ’n comrade-reus. Shinners se eilandverblyf was immers in ’n tyd toe Chweneyagae nog nie eens gebore was nie. “Maar ek het geweet van die vryheidstryd. Dit inspireer my dat Mark en die ander geen wrok koester nie. Die prent kan help met nasiebou,” meen Chweneyagae. Dis ook hoe hy sy rol as kunstenaar verkies. Hy wil’n inspirasie wees en deur sy werk ’n positiewe verskil maak. Soos in die verhoogstuk Silent Voice wat binnekort in die Staatsteater in Pretoria begin. Oor die plaaslike rolprentbedryf wat al hoe meer tot sy reg kom, is hy opgewonde en het ’n produksiehuis Ikanya, Xhosa vir lig, gestig. Hy wil graag in Hollywood werk en bewonder Martin Scorsese, Paul Thomas Anderson en Sean Penn. ’n Romantiese rol is ook nie te versmaai nie, lag Chweneyagae, wie se gunsteling-fliek die Al Pacino-drama Scent of a Woman is. Op 23 trek dié Tswana-seun reeds ver om sy tsotsi-beeld agter te laat. ) More than just a Game draai reeds in Gauteng.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|