Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Kastanjette klap in orkeskonsert
May 12 2008 02:54:55:177AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Werk vir strykorkes en kastanjette is een van die juwele op ’n program van besonder interessante komposisies wat die Odeion Sinfonia Donderdag om 19:30 in die Odeion uitvoer.

Die Bloemfonteinse dansinstrukteur Jasmine Antonie sal die kastanjette speel in Stephenson se Toccata symphonica.

Dit is musiek met ’n volksagtige Spaanse kleur.

Die aand begin met Pergolesi se Concertini. A Little Suite van die Deense komponis Carl Nielsen en Simfonie in D majeur van die Belgiese komponis Gossec voltooi die program.

Die simfonie vir strykorkes, horings en fluite is een van Gossec se jeugwerke.

Derek Ochse is die dirigent.

Bespreek by Pacofs, 051-447-7772, die inligtingstoonbank in Mimosa Mall of Izami-bloemiste, 051-436-1489.

Kaartjies sal ook voor die uitvoering in die portaal van die Odeion te koop wees.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer