Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

’n Fees van boeke en skrywers
May 12 2008 02:52:03:800AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BOEKBEKENDSTELLINGS

8 Julie 2008 BLOUWILLEM gesels met Louis Bothma oor Blouwillestories (Moontlik gemaak deur Protea Boekhuis) BlouWillem is wyd bekend vir sy tong-in-die-kies-rubrieke wat hy weeklikse vir Volksblad, asook sy susterskoerante, Die Burger en Beeld, skryf. Blouwillestories is die keurige samestelling daaruit. Kom luister wat BlouWillem oor hierdie eerste boek van hom sê. Kom hoor hoe hy dit regkry om weekliks soveel humor raak te sien en dit steeds vars te kan aanbied.

C.R. Swart-ouditorium

8 Julie - 11:00 - 60 min - Gratis

9 Julie 2008 JACO JACOBS, FANIE VILJOEN en MARGUERITE MOON gesels oor humor in kinder- en jeugliteratuur. Danila Liebenberg is die gesprekleier. Ook in gesprek is Helena Samuel, onderwyser van die Laerskool Willem Postma, Daniélla da Silva, leerling aan die Laerskool Willem Postma en Hein Lategan, leerling aan die Hoërskool Sentraal.(Moontlik gemaak deur Lapa Uitgewers en Genugtig!)Wat is nog regtig snaaks vir kinders as hulle kinderboeke lees en wat laat hulle steeds skaterlag as hulle die boeke lees? Kom hoor wat die bekroonde jeugverhaalskrywers Jaco Jacobs en Fanie Viljoen van Bloemfontein en Marguerite Moon van Bella Blom hieroor sê, asook wat die jeug en ’n onderwyser van humor in boeke dink. Kom luister ook na gepaste voorlesings van elkeen van hierdie skrywers uit hul boeke.

C.R. Swart-ouditorium

9 Julie - 11:00 - 60 min - Gratis

MARIANNE BASSON met One More River, DANIE LANGNER met Teen die hele wêreld vry - Koot Vorster: segsman of profeet?, COENIE NOLTE met Waar sit jou God? en CHRIS-MARIE BLIGNAUT met Healing South Africa’s people gesels met Hermie van Zyl oor hul boeke. (Moontlik gemaak deur Griffel Media) ’n Variasie van menings oor godsdiens en politiek word deur vier skrywers verwoord. Marianne Basson gesels oor haar stryd teen onder meer kanker soos dit in One More River verskyn. Sy vertel van die stryd om positief te bly leef ongeag twee mastektomies, ’n egskeiding en hoe sy ná haar herstel ’n moordende kano-vaart op die Oranje Rivier onderneem het. Danie Langner wei insiggewend uit oor die lewe van Koot Vorster: Afrikanerleier, kerkleier, geliefde pastor, broer van die eerste minister en kampvegter vir apartheid, en vra daardeur die vraag: Wat kan die kerk en Afrikaner uit Koot Vorster se lewensverhaal leer en saamneem die toekoms in? Coenie Nolte vra indringende vrae oor God en die mens se hedendaagse godsdiensbelewing en Chris-Marié Blignaut stel haar spirituele perspektief op hoe daar genesing onder Suid-Afrikaners onderling kan kom. Kom luister na die veelkantige menings oor gesondheid, die Suid-Afrikaanse politiek en godsdiens.

C.R. Swart-ouditorium

9 Julie - 14:00 - 60 min - Gratis ROBERT KIYOSAKI gesels oor sy splinternuwe boek, Increase your Financial IQ (Moontlik gemaak deur Jonathan Ball Uitgewers) Hierdie is die nuutste in Robert Kiyosaki se gewilde Rich Dad Poor Dad-reeks. Hierin hou hy vyf beginsels tot verbeterde finansiële intelligensie voor, naamlik hoe om jou geld te vermeerder, dit te beskerm, hoe om te begroot, hefboomfinansiering in te span en hoe om jou finansiële inligting te verbeter. Kom luiser na die internasionaal gerekende finansiële ghoeroe en wêreldbekende spreker. Kom klink ook ’n glasie op toekomstige sukses.

C.R. Swart-ouditorium

9 Jul - 17:00 - 60 min - R30 VERSKUNS UIT DIE SUID-AFRIKAANSE GEMEENSKAP Kom luister na voorlesings uit ’n vers- en digbundel wat uit die Suid-Afrikaanse gemeenskap vir die lekker lees daarvan deur DiGKlub gepubliseer is. Boksemdaais: ’n hele kaboel verse, waarin 24 vers-kunstenaars 140 gedigte gebundel het, word bekend gestel. Die bundel word deur ’n CD vergesel waarop Lucas Maree, Lalien Cilliers en Vida Booysen se voorlesings van die gedigte gehoor kan word. Voorlesings op die fees: Vida en Herman Booysen. Gesprekleier: Stefnie Cilliers. Kom geniet ’n muffin en koffie daarmee saam en kuier gesellig om die hartlike verse.

Träumerei-koffiewinkel, UV-kampus

9 Julie - 18:30 - 60 min - R40

10 Julie 2008 JACO KIRSTEN gesels met Etienne Bloemhof oor Mý kant van die saak( Moontlik gemaak deur NB Uitgewers) J aco Kirsten, uitgesproke skrywer van die Van Alle Kante-rubriek van Die Burger, asook redakteur van TopBike, praat oor sy komiese en onthutsende rubrieke. Hy gesels ook oor die keur hiervan wat in sy debuutbundel vervat is. Kom luister wat Jaco se kant van die saak dan werklik is.

Dosenteteekamer, Flippie Groenewoudgebou (Blok B)

10 Jul - 10:00 - 60 min - Gratis

MARTIE RETIEF MEIRING gesels met Jonathan Crowther oor Elita en haar lewe met FW de Klerk (Moontlik gemaak deur NB Uitgewers) Die lewensverhaal van ’n Griekse vrou, wat die hart van die vroeëre staatspresident van Suid-Afrika gewen het en steeds behou, het pas as boek verskyn. In Elita en haar lewe met FW de Klerk vertel Martie Retief Meiring die storie van die vrou uit Kolonaki, een van die vernaamste woonbuurte in Athene, Griekeland, wat nou op Wildepaardejacht, ’n plaas in Afrika, woon. Sy deel haar lewe met die mede-Nobelpryswenner vir vrede en wêreldbekende staatsman F.W. de Klerk. Kom luister saam wat Martie Meiring-Retief oor Elita se lewe vertel.

Dosenteekamer, Flippie Groenewoudgebou (Blok B)

10 Jul - 14:00 - 60 min - Gratis PIET STEYN gesels met Riana Barnard oor Snoeiskêr (Moontlik gemaak deur NB Uitgewers) Die tema van die debuutroman van die Vrystaatse skrywer Piet Steyn sal jou hare letterlik laat rys. Dis ’n moordstorie en die grusame beskrywing van ’n lyk wat gekry word waarvan albei duime met ’n soort skêr of draadtang afgesny is, sal jou gewis noop om agter die kap van dié byl te kom. Snoeiskêr is as finalis in die Sanlam/Insig-Groot Romanwedstryd aangewys. Piet gaan met ons deel wat hom dié verhaal laat skryf het en ook hoe hy aan die skryf gekom het.

Dosenteteekamer, Flippie Groenewoudgebou (Blok B)

10 Jul - 16:00 - 60 min - Gratis 11 Julie 2008 HERMANN GILIOMEE gesels met Martie Retief Meiring oor Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika ( Moontlik gemaak deur NB Uitgewers) Die twee mede-redakteurs van die Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika, Hermann Giliomee en Bernard Mbenga, sê hul doel met hierdie boek was om die geskiedenis van Suid-Afrika in al sy diversiteit, kompleksiteit en dinamiek op ’n regverdige en gebalanseerde wyse aan te bied. Kom hoor wat Hermann vertel oor die samestelling van die boek en wat sy persepsie oor die geskiedenis van Suid-Afrika is. Miskien deel hy ook ’n voorspelling of twee aangaande Suid-Afrika se toekoms.

Dosenteteekamer van Flippie Groenewoudgebou (Blok B)

11 Julie - 10:00 - 60 min - Gratis JAAP STEYN gesels met Hennie van Coller oor Sonkyker (Moontlik gemaak deur NB Uitgewers) Jaap Steyn, skrywer en akademikus wat alom gereken word as sy tyd ver vooruit, deel in ’n sonderlinge gesprek kosbare herinneringe van sy lewe. Dit is dan ook dié gegewe wat die grondslag van Sonkyker se nostalgiese verloop vorm. Dis nie aldag dat Jaap Steyn in vrymoedige gesprek die agtergrond tot sy formidabele lewe en ook die geskiedenis van die Afrikaner so raak op die verhoog verwoord nie. Kom luister gerus saam na hierdie sonkyker wat soos ’n skugter, Vrystaatse klipsalmander stip kyk – juis in die brandpunt van die son in.

Dosenteteekamer, Flippie Groenewoudgebou (Blok B)

11 Julie - 14:00 - 60 min - Gratis CHANETTE PAUL gesels met Jaco Jacobs oor Springgety (Moontlik gemaak deur Lapa Uitgewers) Springgety is ’n spanningsroman wat met al sy kinkels die leser tot aan die einde aan die raai hou. Want in die storie is daar tergende vrae oor lewens wat by Springklip geëis word: Iemand wat spring, of is dit dalk afgestamp word? Is daar iemand wat besluite oor lewe en dood neem? Kom hoor wat Chanette sê oor die eise wat die nuwe skryffase van spanningsroman-skryf aan haar as skrywer gestel het en kom vier saam met haar haar dertigste boek.

C.R. Swart-ouditorium

11 Julie - 16:00 - 45 min - Gratis 12 Julie 2008 ’N ISRAELSE ONTBYTM arzanne le Roux-Van der Boon in gesprek met Elize Parker oor Shomer Yisra’el – Beskermer van Israel (Moontlik gemaak deur Lux Verbi.BM) Kom geniet ’n eg Israelse ontbyt saam met Marzanne le Roux-Van der Boon wat onlangs die derde boek in haar Israel-trilogie, Shomer Yisra’el – Beskermer van Israel, die lig laat sien het. Marzanne gesels oor haar nuwe boek en vertel waar haar passie vir Israel vandaan kom. Shomer Yisra’el – Beskermer van Israel is ’n roman wat handel oor Marc, Rivkah en hul babaseuntjie wat in die gewelddadige gebeure van die tweede Libanese oorlog vasgevang is. Hierdie boek volg Granate bloei in Jerusalem en Hatikvah: Land van hoop op.

Eksamenlokaal 1, oos van Callie Human-sentrum (ou kafeteria)

12 Julie - 09:30 - 90 minute - R60 KARIN HOUGAARD, THOMAS MOLLETT en HENDRIK VENTER gesels met Bernard Odendaal oor Woorde sonder Wysies, Pomp en nuwe publikasies van Griffel Media (Moontlik gemaak deur Griffel Media) Karin Hougaard – sanger, komponis, skilder, aktrise en skrywer – praat oor haar versameling van ongepubliseerde liefdestekste wat onlangs in Woorde sonder Wysies verskyn het. Die boek is in koffietafelformaat en sluit ook skilderye, monodrukke en etse in. Kom luister ook na Hendrik en Thomas wat oor die konsep van die nuwe Afrikaanse kuns- en kultuurjoernaal, Pomp, kom vertel.

CR Swart-ouditorium

12 Julie - 11:30 - 60 min - Gratis SPESIALE GELEENTHEDE 8 Julie 2008 G ALA-AAND MET POËSIE ‘n Poësie-hoogtepunt met die bekende digter Pirow Bekker en sy slypskoolfinaliste wat almal hul eie gedigte ten tyde van die geleentheid gaan voorlees. Die slypskool is die afloop van ’n poësie-kompetisie, geborg deur Volksblad, wat deur die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die Universiteit van die Vrystaat georganiseer word. Die drie algehele kompetisie-wenners word ook aangekondig. Kom geniet ‘n glasie wyn en versnaperings.

C.R. Swart-ouditorium

8 Julie - 18:00 - 90 min - R55 9 en 10 Julie 2008 EN SKIELIK IS DIT AANDDeon Knobel praat oor die lewe van sy broer, die Sestiger-digter en -skrywer, Wilhelm Knobel – die ongewapende man. Die voordragprogram sluit in elegiese gedigte en ook verse oor die politiek en bipolêre gemoedsteurnis, waaraan sy broer lewenslank gely het. Deon en ander gesinslede het periodiek hieraan gely. Daarna volg En skielik is dit aand . . . ’n dokumentêre prent oor aspekte van die lewe en werk van Deon Knobel. Hy het in sy loopbaan van 40 jaar in regsgeneeskunde en as patoloog bykans 20 000 lykskouings uitgevoer. In die rolprent met die subtitel Ses lesse oor die dood, begeerte en verlies, praat hy oor sy betrokkenheid en verhouding met sy oudste broer Wilhelm, sy aktivisme rakende die regte van pasiënte met MIV/vigs, sy eie gay-status, homofobie, persoonlike verliese en die rouproses.

C.R. Swart-ouditorium

9 Julie, 19:00 - 10 Jul, 19:00 - 90 min - R40 ) Waar toegangsgeld ter sprake is, kan besprekings gedoen word by Pacofs, Mimosa-kliëntediens of Izami.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer