Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
'Dubbelvisie' op matriekafskeid
Ses pare tweelinge van die Hoërskool Brebner in Bloemfontein, het saam-saam na hul matriekafskeid by Illanga Estate in Bloemfontein gegaan.
Heino geslaan totdat hy Afrikaans kon praat
Die akteur Heino Schmitt vertolk reeds ’n paar jaar die rol van Altus in 7de Laan. Hy vertel van sy lewe en toekomsplanne.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-31°C

Voorspellings


Netrebko wen weer Classic Brit-prys
May 13 2008 12:20:45:913AM  - (SA)  
Sapa AP



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die flambojante en gevierde Russiese sopraan Anna Netrebko het Donderdagaand geskitter toe sy in die Royal Albert Hall in Londen vir die tweede keer agtereenvolgens ’n Classic Brit-toekenning gewen het.

Op dié seremonie het sy ook die eerste keer saam met die gewilde tenoor Andrea Bocelli gesing.

Netrebko, wat verlede jaar die Brit-toekenning vir die sanger van die jaar gekry het, is vanjaar as die vroulike kunstenaar van die jaar aangewys.

Die 80-jarige dirigent sir Colin Davis het die toekenning vir die manlike kunstenaar van die jaar gewen, hoofsaaklik vir sy opnames met die Londense Simfonieorkes.

Die gesogte prys vir die beste album, wat deur Classic FM se uisteraars en lesers van sy tydskrif aangewys word, gaan aan die vier sangers van die jaar oue groep Blake.

Lord Andrew Lloyd Webber het ’n toekenning vir sy “uitsonderlike bydrae tot die kunste” ontvang.

Teken in op Volksblad


Vind
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer