Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
Diane Victor is Aardklopkunstenaar
Die bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaar Diane Victor is vanjaar Aardklop se feeskunstenaar. Victor het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf vir haar etse en houtskoolsketse en meer onlangs vir haar skimmige rooksketse van vermoordes en mense wat spoorloos verdwyn het. Haar laaste groot uitstalling was in die Goodman-galery in Kaapstad. Oor haar werk het Victor opgemerk: “Dis veral situasies wat my kwaad maak of ontstel waardeur ek geïnspireer word. “Dis nie soseer mense wat my meer inspireer nie, maar situasies waarin ek my bevind – goed soos geweld en die obsessiewe en verlammende vrees wat daarmee gepaard gaan.” Oor haar betrokkenheid by Aardklop en oor die rol van kunstefeeste, sê Victor: “Dis belangrik dat kunstefeeste die visuele kunste moet insluit in hul advertensie- en promosie-veldtog om gemeenskappe bewus te maak van die visuele kunste. “Feeste doen reeds geweldig baie om mense wat gewoonlik nie galerye besoek nie, sover te kry om na ‘ernstige kuns’ te begin kyk.” Van die vorige Aardklop-feeskunstenaars was Willem Boshoff, Marco Cianfanelli en Nicholas Hlobo. Aardklop duur vanjaar van 30 September tot 4 Oktober.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|