Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Lessing moet skryf staak ná Nobel-prys
May 13 2008 11:27:37:967PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Doris Lessing is op ’n keer meegedeel die Nobelprys se beoordelaars hou nie van haar nie en dat sy nooit die prys sou wen nie, berig die BBC.

Dié wenner van die Nobelprys vir letterkunde het gesê die Nobel-prys wat sy verlede jaar ontvang het, is ’n “ramp”.

Die toenemende mediabelangstelling in haar beteken dat dit feitlik onmoontlik is om ’n volledige roman te skryf, het sy aan die Radio 4-program Front Row gesê.

Die 88-jarige Lessing sê sy sal waarskynlik ophou om romans te skryf. Haar nuutste boek is ’n deels fiksionele memoir met die titel Alfred and Emily.

“Al wat ek doen, is om onderhoude te voer en gefotografeer te word.”

Oor haar skryfwerk het sy gesê sy het opgehou; sy het nie meer die energie nie.

Lessing is die elfde vrou wat die Nobelprys vir letterkunde in sy bestaan van 106 jaar ontvang het.

Van haar bekendste werke is The Golden Notebook en The Good Terrorist.

“Dankie blyk nie genoeg te wees nie wanneer jy die beste van almal gewen het; dit is verbasend en wonderlik,” het sy gesê toe sy die prys gewen het.

Sy onthou toe sy in die jare sestig meegedeel is die Nobel-akademie hou nie van haar nie en sy sal nooit dié gesogte toekenning wen nie.

Slegte gesondheid het verhinder dat sy die oorhandigingseremonie in Stockholm, Swede, bywoon.

Staffan Carlsson, Sweedse ambassadeur in Londen, het die prys in Engeland aan haar oorhandig.

Lessing is in Iran gebore en het na Zimbabwe, destyds Rhodesië, verhuis voordat sy haar in 1949 in Engeland gevestig het.

Haar debuutroman, The Grass is Singing, is die volgende jaar gepubliseer.

Sy het meer as 50 romans, toneelstukke, memoires en bundels kortverhale gepubliseer.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer