Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Roxy hou 'hoofmeisie' Tanya op haar tone
Oct 04 2008 01:46:56:413AM  - (SA)  
JEANNE CALITZ



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vertel ons meer van jou karakter, Roxy.

Sy is ’n paramedikus en ’n adrenalien-jaer. Sy sê hoe sy voel en kry wat sy wil hê.

Sy gee nie regtig om vir ander nie en neuk verhoudings op, nie omdat sy iets daaruit wil hê nie, maar net omdat sy kan.

Is daar ooreenkomste tussen julle? Iets van haar wat jy bewonder?

Dit is die eerste keer dat ek ’n karakter speel wat heeltemal die teenoorgestelde van my is. Ek is meer voorbeeldig, die hoofmeisie, glad nie ’n kansvatter nie – dit is net nie in my gene nie. Maar ek moet erken, dit is groot pret om iemand te vertolk wat glad nie soos jyself is nie.

Dit maak seker van die rol ’n groot uitdaging?

Beslis. Jy moet haar probeer verstaan en haar aksies probeer motiveer.

Roxy is besig om Malan by Pippa af te vry. Ek kon nog nooit snap wat sulke mense jaag nie. Maar hier het ons die storie, en ’n mens kan nogal ’n paar lesse daaruit leer.

Wat het jou gemotiveer om ’n aktrise te word?

Ek dink nogal baie daaroor; ek kyk na ander akteurs en wonder: Hoekom het ons hierdie bedryf gekies? Dit is soms so onseker.

Ek dink as jy regtig diep delf, sal jy vind baie van ons is eintlik introverte wat dit geniet om agter ’n ander karakter te skuil. Dit vat die aandag weg van jouself.

En dit is ’n belangrike bedryf. Ons is nie dokters nie en ons red nie lewens nie, maar dit wat ons doen, bied mense ’n uitlaatklep, ’n manier om ’n wyle uit die harde werklikheid te ontsnap.

Wat is vir jou die grootste uitdaging van die bedryf?

Die styl van Binnelanders is baie anders as dié van ’n dramareeks of rolprente. Daar kry ’n karakter meer tyd om te groei. In sepies gebeur dinge vinnig.

Hoe lyk jou planne ná Binnelanders?

Ek is nog tot Maart in Binnelanders. Daarna sal ons maar sien. Ek sal graag oorsee wil gaan, en ek was nog altyd geseënd dat deure vir my oopgegaan het. Op die oomblik geniet ek die roetine by Binnelanders. Ek wil ook nie alles haarfyn beplan nie. In die opsig leef ek so effens op die rand – ek hou daarvan om nie altyd te weet wat volgende kom nie.

Jy was die afgelope tyd baie in die kollig – jy moes seker vinnig leer om die media se aandag te hanteer?

Op ’n vreemde manier weet ek dit is ’n kompliment dat soveel mense in jou doen en late belang stel. Maar ek was glad nie voorbereid op al die aandag nie. Ek is ook maar net iemand wat hou van wat ek doen, en dit graag goed wil doen sonder om heeltyd beoordeel te word.

Gelukkig weet ek die negatiewe dekking is binne ’n week ou nuus. Dus sit ek ’n glimlag op, ek leer en raak sterker en hoop dat dit my voorberei vir groter dinge in die toekoms.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer