Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Xtravaganza beloof om 'n fees te wees
Nov 14 2008 11:36:04:533PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Kovsie Xtravaganza word vanjaar op ’n nuwe manier aangepak, met ’n tikkie Kersfees wat by die musiekfees gevoeg word.

Hierdie jaar se Xtravaganza, waar Lize Beekman as gaskunstenaar gaan optree, vind in die Sand du Plessis-teater plaas op 22 November om 19:30, met die titel Kovsies Xtravaganza: Xmas Fees met Lize Beekman.

Lize Beekman gaan die verhoog deel met gesoute Kovsies soos Sanli Jooste (Rapport sing jou taal, Showtime 2), Martinette van Jaarsveld (The Boyfriend en Showtime 2), Caroline Haasbroek (Rapport sing jou taal, Showtime 2), Chizano Matshediso (Spontaan-wenner), Thabo Hlongwane (Huis genoot- Skouspel) Paton Denisson (Sindiswa, Little Shop of Horrors), asook Karpos en Klitzgras.

Kovsies se verteenwoordigers van Nasionale Universiteite Sêr, Marjolein en Veritas, gaan ook die verhoog betree.

Oud-Kovsie Hanno van Heerden wat besig is om die Suid-Afrikaanse verhoë aan die brand te sing nadat hy as wenner uit die ATKV-Liedjieskrywerskompetisie getree het, gaan ook sy verskyning maak.

Vanjaar se vertoning beloof om weer eens al die skouspel-elemente te bied wat deel uitmaak van die tradisie van die Kovsie Xtravaganza: dans en uitstekende sang wat lei tot ’n uiterse genotvolle aandjie uit.

Die Kersfees-element, wat ’n nuutjie vir vanjaar se Kovsie Xtravaganza is, verweef bekende ballades en kontemporêre musiek wat die voete sal laat jeuk met uitgesoekte Kersliedere om ’n verskeidenheidskonsert soos min te bied.

Kaartjies vir die Xtravaganza is te koop by PACOFS teen R90 per persoon.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer