Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Ensemble slaan asems weg
Nov 17 2008 01:13:13:330AM  - (SA)  
Elani Willemse



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

STRICTLY COME CLASSICAL (Sand du Plessis-teater) met Nianell, Stefan Cornelius, Danielle Smith, Chizano, Du Preez Stoltz, Phillip en Ella Kotze, Thabo Pitze, Ons eie tenore, Bamco Accapella en Arco Musica met Debbie Brink as dirigent.

In die laaste konsert in die reeks met dieselfde titel het Bloemfontein weer eens bewys dat kultuur en talent deur sy are vloei.

Nianell het die gehoor bekoor met haar inspirerende boodskappe en klassieke stem deur treffers soos Finally en We’ll find a way.

Hoewel Nianell met haar engelstem die ster van die aand was, het die res van die ensemble beslis nie teleurgestel nie. Du Preez Stoltz en Danielle Smith se The Prayer het van die eerste noot af gesorg vir hoendervleis. Ons eie tenore se sterk stemme het asems weggeslaan met die bekende operawerk Funiculì Funiculà en Deliver us.

Die werke wat deur die volle ensemble gesing is, I want to spend my lifetime loving you en Here’s to the heroes het die gehoor op hul voete gehad.

Elke individu se stem het die groep as geheel gekomplimenteer. Dit was voorwaar ’n uitmuntende konsert, met ’n briljante groep musikante.

Al die musiek is verwerk deur André Esterhuyse en Debbie Brink.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer