Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Botha se fotografie is ’n fees vir die oog
Die fotograaf Lien Boha se naam is welbekend. Van haar werke het al oorsese waters geproe en feesgangers kon al by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van haar fotografie te sien kry. Met haar uitstalling Anthology ’n terugbliktentoonstelling wat nou by die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein uitgestal word, is dit duidelik dié fotograaf ken die balans om foto en grafika tot ’n geheel saam te bind. En dit toeganklik en oop vir interpretasie te maak. Aan die een kant is daar die Groot Inkleurboek Safari wat Botha vertel uitgebrei het in tema, amper soos ’n genesis. Verskeie landskaptonele is onder meer met Botha se Yashica-kamera afgeneem met ’n interessante eindresultaat waarin sekere dele van die foto’s in fokus en ander dowwer is. Dié foto’s van die Groot Inkleurboek Safari is dan verder as’t ware “ingekleur” deur bykomende grafika. “Ek is heeltemal gaande oor die Suid-Afrikaanse landskap,” vertel Botha. “Dit was ’n baie lekker proses om dié werke te skep.” Nog ’n besliste gewaarwording is die besef dat dié kunstenaar inderdaad baie bewus van die natuur is. Dié gevoel word verder versterk deur Amendment, nog ’n deel van Anthology. Weer is daar daardie subtiele verwysings na universele temas; tog is dit boodskappe wat bekend is wat deur die verskillende foto’s in elke kunswerk vasgevang word. Maak beslis ’n draai by Lien Botha se uitstalling. Daar is boonop ’n lekker skattejag-kompetisie wat aan die einde van die uitstalling op 4 Januarie 2009 sluit. Ook is daar bykomende werke van ander kunstenaars wat saam uitgestal word om die uitstalling aan te vul.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|