Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Jak se troue was ‘so mooi dat almal huil’
JOHANNESBURG. – Toe Jak de Priester ewige trou aan Michelle du Toit, die meisie van sy “Sally Williams Nougat”-liedjie, beloof het, het ’n traan oor sy wang gerol. “Die fotograaf (Marita Keet) het vir my ’n sakdoek aangegee,” het De Priester vertel, “maar ek het dit net weer in my sak gesit. “Ek wou dit nie afvee nie. Ek het gevoel as ek dit afvee, gaan dit die moment wegvat. Dit was beautiful. Ek sal dit vir ewig in my hart wil hou.” Die sanger het nie self op die troue gesing nie. “Ek raak te emosioneel met sulke oomblikke.” Die De Priesters het pas teruggekeer van ’n “mini-wittebrood” in Dullstroom, Mpumalanga. Hulle moes gister weer vir Jak se optredes in die Centurion-teater terug wees. “Ons honeymoon eintlik maar heeltyd,” het hy gesê. Die twee is Sondag om 17:00 stilweg by Zietsies, Elzabé Zietsman se restaurant in Aucklandpark, Johannesburg, getroud. Daar was 36 mense. “Alles was soos ons dit wou hê. Dit was baie persoonlik, met vriende en fantastiese kos.” De Priester sê hy sal altyd die oomblik onthou toe hulle hul troubeloftes afgelê het. “Om daai eerlike emosies te beleef en te ervaar – ook van Michelle af. ’n Mens sien dit altyd in movies. Dis waaroor trou gaan.” De Priester sê sy vrou het die mooiste in die wêreld gelyk. “Ek het nog nooit so ’n mooi vrou gesien nie.” Die twee het nadat hulle 12 jaar gelede ontmoet het “aan en af” uitgegaan. Selfs afstand kon hulle nie uitmekaar hou nie. Michelle het twee jaar in Londen en ’n jaar lank in Amerika gewoon. De Priester het ook twee jaar lank in Londen gewoon. “Ons het elke keer weer iewers ontmoet.” Verlede jaar het hulle op Vishoek in die Kaap verloof geraak. Keet, die troufotograaf wat ook De Priester se publisiteitsfoto’s neem, het gesê: “Dit was so mooi. Ons het almal gehuil. Ek sien duisende troues. Die was die mooiste troue waar ek nog ooit was. Dit was so real.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|