Die ANC-wegbreekparty COPE se leiers en duisende afgevaardigdes was in Bloemfontein vir COPE se stigtingskonferensie byeen. 'n Gees van euforie en opgewondenheid het in die Callie Humansaal op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) geheers. Die skare is deur onder andere Mnr. Mosiuoa Lekota, partyvoorsitter, toegespreek.


Motor-Volksblad het 'n padtoets oor die Opel Corsa OPC gedoen,
en op die Phakisa-renbaan buite Welkom gekyk wat in hom steek.
Kul jou hier en kul jou daar, en siedaar -- die Volksie parkeer homself.
Volkswagen se nuwe Tiguan kom opsioneel met n selfparkeerstelsel. Motor-Volksblad het die stelsel op die proef gestel. Kyk gerus!
Renault het sy Koleos-sportnutsvoertuig pas in Suid-Afrika bekend gestel en gewys waartoe die Fransman met sy Nissan platform en dryfstelsel in staat is.
Die Drakensbergse seunskoor het op 'n toer deur die land gestop vir roomys in Bloemfontein en 'n vinnige optrede gegee by die Noordstad- winkelsentrum.
Die brandseisoen is nog nie verby nie.
Brande het in die Clocolan- en Danielsrus- omgewing, asook tussen Rosendal en Fouriesburg, gewoed. Die brande in die Clocolan omgewing en tussen Rosendal en Fouriesburg is reeds die naweek (1 en 2 November) deur weerlig veroorsaak.
Ongeluk tussen motor en motorfiets in Bloemfontein deur kringtelevisie opgeneem.
