Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Mosaïek te kus en te keur
May 08 2008 01:59:01:820PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Frieda Besterlink se groot en klein mosaïekkruise, -tafeltjies en -kassies sal ’n nuutjie op die Winter-kunsuit-stalling van me. Elize Donovan in Welkom wees.

Van Suid-Afrika se bekendste en vernaamste kunstenaars se werke sal steeds die kern van die uitstalling vorm, maar Frieda se werke is beslis iets om na uit te sien.

Frieda gebruik piouter en antieke breekgoed om haar mosaïeke te skep. Haar stukke is vars en skeppend en vul die werke aan van nog ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar Rika Senekal.

Rika het bekendheid verwerf vir haar unieke keramiekstukke. Dié twee kunstenaars is ook goeie vriende, sê Donovan.

Met haar fantasie-keramiekstukke, wat ook gebruiksartikels is, gebruik Senekal opwindende kleure en vorms. Nuwe werke wag op versamelaars van dié unieke stukke.

Die uitstalling is by Jasmynstraat 11 en is Vrydag oop tussen 10:00 en 19:00 en Saterdag tussen 09:00 en 16:00.

Daar is ook nuwe etse deur die alombekende etskunstenaars Anine Barnard en Pieter van der Westhuizen.

Versamelaars van Suid-Afrika se bekendste en gesogste olieverfskilders kan ook nader staan vir die mees onlangse werke deur Michael Heyns, Sandi Beukes, Johan Oldert, Claerhout, Hennie Nieman en Luci Wiles.

Navrae: 083-632-7770 of 057-352-2219.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer