Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Fietswedren groot sukses
Die fietswedren wat op 28 April deur Everest Wheelers-fietsryklub, in samewerking met die Riebeeckstad-polisie aangebied is, was ’n groot sukses. Daardie oggend het almal rondgehardloop. Tente is opgeslaan vir die inskrywings vir die pretstap, hardloop- en fietswedren wat aangebied is. ’n Kosstalletjie met eet- en drinkgoed is ook reggemaak en talle deelnemers is verwag. Selfs ’n hondeskou en modeparade was op die agenda. Kinders wat vir hul wedren moes wag, het heerlik op die springkasteel baljaar. Hope pryse is uitgedeel aan deelnemers wat van so ver as Middelburg kom deelneem het. Die dag was ’n groot sukses en met die fietswedren wat meer as dubbeld die deelnemers van die vorige jaar gehad het, was die wind die enigste klagte vir die dag. Fietsryers kan elke Saterdag en Sondag saam met die klublede van Everest Wheelers gaan ry. Oefentye is by Sports Tech in Jan Hofmeyrweg en Van Riebeeck Cycles by Welkom Square beskikbaar. Skedule vir klub: Die Everest Wheeler-fietsryklub het ’n bedrywige skedule vir die volgende twee maande. Die program is soos volg: 10 Mei – Kroonheuwel-Bybeltrap (Kroonstad); 17 Mei – Noord-Vrystaatse interprovinsiale kampioenskapsbyeenkoms (Parys); 24 Mei – Odendaalsrus se Moth-klub-fietswedren (Odendaalsrus); 14 Junie – Everest Circle Route (Welkom); 16 Junie – die SAPD van Thabong se pretrit (Thabong, Welkom); en 28 Junie – Kroon-wedren (Kroonstad). Op Sondae om 15:00 word ’n pretrit van Engen in Jasonsweg tot by die Wimpy en terug aangebied. By Wimpy drink almal eers iets lekker voor die terugrit. Almal is welkom.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|