Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Van tennis kan jy hom niks vertel
Van tennis is daar niks wat ’n mens vir die hoofseun van die Hoërskool Riebeeckstad kan vertel nie. Duke Munro is vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.19-tennisspan gekies wat in die Midde-Ooste gaan toer. “Ek gaan egter nie vanjaar saam nie,” sê hy, maar hy het in die verlede ook saam met die Suid-Afrikaanse o.16- en o.17-spanne getoer. Dié jong man, wat 1,8 m in sy nommer 11- of 12-skoene staan (afhangende van die fabrikaat, verseker hy my), is nou eerste op die Vrystaatse tennisranglys in sy ouderdom. Hy is sedert gr.1 tot nou ook die beste tennisspeler in sy ouderdomsgroep op die Noord-Vrystaatse ranglys. Maar waar het dit alles begin? “Ek het by die huis teen die muur begin balle slaan toe ek so vyf jaar oud was. “My sussie, Elria, het tennis gespeel en ek het alles gedoen wat sy doen,” lag hy. Sy is nou ’n tweedejaar-student aan die Universiteit van die Vrystaat. Toe Duke gr. 1 toe is, het hy met formele afrigting begin – eers by Muis Olivier en toe by Anita Jordaan wat hom steeds afrig. Hy beskou sy beste prestasie tot dusver as sy insluiting in die Suid-Afrikaanse o.19-span. Vir iemand wie se eet, drink, leef en slaap tennis is, moet ’n man darem seker so af en toe iets anders vir afleiding doen en dit is waar toneelspeel, Voortrekkers en atletiek inkom. Duke doen toneel by sy skool, maar neem ook aan die 400 m-hekkies en hoogspring deel. En wanneer hy nie tennis kyk of steeds teen die muur balle slaan nie, leer hy darem ook. “Ek leer wanneer ek moet leer,” sê Duke. Dié voornemende Kovsie-student het sy gunsteling-tennisspelers. “Ek is mal oor Maria Sharapova, maar jy moet dit nie skryf nie,” bloos hy. “En dan is daar ook Novak Djokovic.” Volgende jaar gaan Duke heel moontlik bourekeningkunde studeer “of dalk in Amerika gaan tennis speel”. Oor tien jaar wil dié outjie “suksesvol wees en pas getroud”. Wat in die volgende drie jaar in sy tennisloopbaan gebeur, sal ook bepaal waar hy in dié sport gaan wees, verseker hy my. “Dalk sal ek ook tennis afrig.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|