Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Polisielede spring dood vry
May 08 2008 01:58:48:790PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kollegas van die twee polisiemanne wat verlede Woensdagaand in ’n motorbotsing buite Wesselsbron betrokke was, kan nie glo dat dié twee lewend uit die motorwrak gekom het nie.

Kapt. André Niemann, bevelvoerder van die Welkomse roof-reaksie-eenheid, is in die Welkom-Medi-Clinic behandel, maar sy toestand was minder ernstig as wat aanvanklik vermoed is. Hy het net ’n gebreekte gewrig en verskeie sny- en kneuswonde opgedoen.

Konst. Malefetsane Mofokeng wat saam met hom was, is ná behandeling uit die hospitaal ontslaan. Mnr. Paulus Thamae (44), ’n leier-onderwyser van Wesselsbron en bestuurder van die ander motor, is op slag dood. Sy twee passasiers, mnre. Joseph Kodisang en Michael Maditsane, is ook nie ernstig beseer nie.

Niemann se gewrig is Vrydag in die teater met ’n plaatjie geheg. Hy het baie pyn weens die veelvuldige beserings.

Hy het Vrydag voor die operasie gesê hy hoor sy kollegas sê die voertuig is ’n wrak. “Ek het uit die voertuig geval voordat dit begin rol het. Ek is seker indien ek my veiligheidsgordel aangehad het en nie uitgeval het nie, was ek dood.”

Hy sterk by die huis aan.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer