Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Man gevang ná raaisel
May 08 2008 01:58:07:633PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die lyk van ’n konstabel van die stad is Sondagoggend vroeg in vreemde omstandighede voor ’n huis in die stad gevind.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê konst. Thamaha Baase se lyk is met ’n skietwond onder die ken voor ’n huis in Romeostraat, Bedelia, deur ’n verbyganger gekry.

Baase, wat by die Thabongse gemeenskapdienssentrum gewerk het, het omstreeks 03:30 sy vriendin gebel en gesê hy was in ’n motorongeluk in Longweg.

Omstreeks 04:00 het inwoners van die omgewing ’n skoot gehoor. Later die oggend is Baase se lyk gekry.

Thakeng sê geen vuurwapen is op die toneel gekry nie. Die polisie het ’n patroondoppie gekry. Dit is nie duidelik of dit Baase se diensvuurwapen is wat gebruik is nie.

Baase, wat oorspronklik van Virginia is, het ’n blyplek in Welkom gehuur. Hy is op die toneel dood.

Thakeng sê die polisie krap kop oor wat presies gebeur het. Met hul ondersoek het hulle Baase se motor steeds in die middel van die pad gekry waar hy in die ongeluk was. Geen ander motor was in die ongeluk betrokke nie.

Die voorval word deur die eenheid teen ge?organiseerde misdaad ondersoek en enig?iemand met inligting oor die voorval kan supt. Abé Kolisang by 082-854-7519 bel.

  • Die raaisel rondom die polisiekonstabel van die stad wie se lyk Sondagoggend in vreemde omstandighede voor ’n huis gekry is, is gedeeltelik opgelos.

    Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ná deeglike ondersoekwerk deur die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad is ’n 22-jarige man in hegtenis geneem.

    Dit is steeds nie duidelik of konst. Thamaha Baase homself geskiet het en of hy deur iemand geskiet is nie.

    Die verdagte is by ’n drinkplek, langs die plek waar Baase doodgeskiet is, in hegtenis geneem.

    Baase se dienspistool en van sy bankkaarte is by die man gekry.

    Hy het ook die polisie gevat na ’n motorhawe waar hy Baase se selfoon verkoop het. Die polisie het op alles beslag gelê.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Internasionale Lotto
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer