Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Mense in ouer VSA-buurte is maerder, wys studie
Mense in Amerika wat in ou woonbuurte woon, is minder geneig om vet te word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Skilder haar lewenslange passie
May 08 2008 01:58:06:383PM  - (SA)  
Hesti Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Van skilder met naald en gare tot materiaalverf en nou kunsklasse.

Dít is hoe Magda Geere se lewe in die kunswêreld al gevorder het.

Magda het 16 jaar met naald en gare geskilder voordat sy ’n gebruiksregonderneming gekoop en 11 jaar lank materiaalverfklasse aangebied het. In April verlede jaar is Magda Geere se kunsskool geopen.

“Dit is my hele lewe lank al my passie om te skilder. Ek is mal oor blomme en landskappe, maar eintlik skilder ek soos die gier my beetpak.” Van haar werke is al verkoop ook. In 2007 het sy byvoorbeeld lewensgrootte sebras geverf wat verkoop is. ’n Foto van dié kunswerk het ook in ’n tydskrif verskyn. Verder is van haar werke in kunsgalerye in Parys, Vrystaat, te sien.

“Oor die jare heen het ek talle tegnieke aangeleer. Ek het baie kursusse gevolg en klasse bygewoon.”

In Desember verlede jaar het Magda ’n internasionale onderwyserseksamen in Australië geslaag en sy is nou opgelei om Ros Singleton Rose-klasse aan te bied. Daar is nou sowat 30 vroue wat by haar klasse neem. Sy spesialiseer net in klasse vir volwassenes. “Dit is sommer net gewone vroue. Dit is amazing om te sien wat hulle doen,” spog sy met haar studente. “Hulle geniet dit vreeslik. Dit is baie ontspannend en help met stresontlading. Van die vroue se dokters het al aanbeveel hulle moet skilder. Die vroue het dit nodig om net weg te kom van alles en om van hul bekommernisse te vergeet.”

Die vroue is tussen 25 en 80 jaar oud. Dié naweek open ’n kunsgalery by haar huis. Sy het ’n woonstel aan die huis in ’n galery omgeskep en haar studente se werke sal nou daar uitgestal word.

Die amptelike opening vind Donderdag plaas en die publiek kan op Vrydag van 09:00 tot 18:00 en op Saterdag van 09:00 tot 13:00 daarna gaan kyk.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer