Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem -1-13°CVoorspellings |
|
||||||||||||||
|
Goudvelder behaal hoë eer
’n Judoka van die Goudveld is nie net die voorsitter van die keurkomitee van Judo Suid-Afrika nie, maar is nou ook as die afrigter/bestuurder vir die senior Afrika-kampioenskap gekies. Pannas Vosloo sê die verkiesing tot die keurkomitee was die hoogtepunt van sy judoloopbaan. Hy en sy span keurders het met die begin van die nuwe Olimpiese siklus 14 topjudospelers van oor die land heen gekies en hulle voorberei om moontlik hul land op die Olimpiese Spele in 2008 te verteenwoordig. In die verlede het slegs een judospeler per Olimpiese siklus Suid-Afrika verteenwoordig, maar nou is daar die moontlikheid van vier. Die senior Afrika-kampioenskap vind later vandeesmaand in Marocco plaas. Dit is ook die laaste kwalifiserende toernooi vir die Olimpiese Spele. Daar is nou vyf spelers op die Afrika-ranglys – twee in die eerste plek, een in die tweede plek, een in die derde plek en een in die vierde plek. Judo moet deur Afrika kwalifiseer en slegs die toptwee op die Afrika-ranglys kwalifiseer om aan die Spele deel te neem. Altesaam 16 spelers van Vosloo se Instituut van Judo is vir die Noord-Vrystaatse judospan gekies wat aan die Suid-Afrikaanse ope judokampioenskapsbyeenkoms gaan deelneem. Dié toernooi vind van 29 Junie tot 5 Julie in Port Elizabeth plaas. “My grootste begeerte is om nog eendag betrokke te raak by eerstespanrugby, hetsy met fiksheid en/of as spanbestuurder. My tweede passie is rugby,” sê hy. Sy ondervinding van motivering, fiksheid en doelgerigtheid kan van groot waarde vir enige span wees en hy soek net daardie kans. Verder was Vosloo was al 18 keer die Suid-Afrikaanse judokampioen en hy het van 1978 tot 1998 sy nasionale kleure in judo verwerf. Hy was verskeie kere die afrigter, sowel as bestuurder, van die Suid-Afrikaanse span. Verskeie van sy judokas het hul nasionale kleure verwerf, ook in die junior afdeling, en ’n paar Suid-Afrikaanse kampioene het ook onder sy afrigting deurgeloop. Pannas is nou die bemarkingsdirekteur van Judo Suid-Afrika en ook president van Noord-Vrystaat Judo. Oefeninge is van Maandae tot Donderdae van 18:00 tot 19:00. Bel 084-596-4648 vir meer inligting.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|