Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Vrou leef in vrees vir eks
“Ek was hulpeloos, weerloos teen die man wat ek vertrou en liefgehad het. Hy het in sekondes in ’n gewelddadige verkragter ontaard wat gepoog het om my dood te maak.” Dit was me. Jessie Tobias (38) se woorde aan Vista oor haar gewese verloofde wat haar verlede week glo wreed aangerand en verkrag het. Sy sê ook hy het haar probeer doodmaak. “Ek lewe in vrees en is ontnugter in wat ek as vrou en mens glo.” Tobias het haar verlowing met dié man sowat ’n week voor die voorval verbreek. Hulle was tien maande in die verhouding. Die man woon nou in Bloemfontein. Dié 32-jarige man, wat glo nogal bekend in Welkom is, het verlede Dinsdag omtrent skemer by Tobias se huis aangekom. “Hy wou heeltyd weet hoekom alles verby is.” Die man het Tobias glo in ’n stadium met ’n stuk hout in die erf rondgejaag. “Hy het gesê hy sal gemeenskap met my hê al moet hy my slaan. Ek het gesê hy sal dit nie teen my sin doen nie.” Die aangeklaagde het Tobias glo op haar bed vasgedruk en hulle het begin stoei voordat hy haar daar gelos en in die sitkamer gaan sit het. Tobias het toe aan die slaap geraak. “Toe dit donker word, het hy in die kamer ingekom. Hy het my vasgedruk en teen my wil met my gemeenskap gehad. Hy het geloop en ek het op my maag gaan lê. Ek het gedink hy gaan dit los, maar sekondes later het hy my kop opgelig en my met mening met ’n draad gewurg. Ek het my teëgesit, want ek het geweet dit is nie ’n speletjie nie. Ek het probeer omdraai, maar hy was te sterk vir my. Ek het van die bed afgeval en hy het my teen die kas geskop.” Tobias het daarna haar bewussyn verloor, maar vertel sy was vreesbevange toe sy bykom. “Hy het met ’n skroewedraaier voor my kom staan en daar het ’n mes langs my gelê. Ek het hom aan sy hemp gevat en gesê ek is jammer, dat hy nie iets aan my moet doen nie. Ek het vir my lewe gevrees. “Hy wou die volgende oggend weet of hy vir my ontbyt en koffie kan bring. Hy het selfs vir my badwater ingetap. In ’n stadium het hy winkels toe gegaan en ek het my kans waargeneem. Ek het ’n paar huise ver gestap en ’n gesin gewaar wat my toe hospitaal toe geneem het.” Toe die aanvaller by die huis kom, het hy glo Tobias se familie gebel en vertel dat sy sonder haar klere weggeloop het. Tobias se dogter het later by die huis aangekom en die polisie gebel. Die aanvaller is op die toneel in hegtenis geneem. Hy het verlede Donderdag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat, maar Vista kon nie die borgtogvoorwaardes of volgende hofverskyningsdatum bevestig nie. “Wat as hy vrygespreek word? Hy het gesê as hy my nie kan kry nie, sal niemand my kry nie. Ek het koud geword toe hy dit gesê het. Ek sal nooit daaroor kom dat iemand ’n tou om jou nek kan sit en dan daarmee wegkom nie. Ek is bang vir hom.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|