Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Sesde ronde afgehandel
Nov 13 2008 03:27:24:920PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die sesde ronde van die Goudveld-distrikte-krieketvereniging (GDCA) se krieketliga is afgehandel.

Die uitslae is soos volg:

  • Robs 1 t Rovers 1 (Robs Oval):

    Rovers is eerste ingestuur en het goed gekolf om uiteindelik by ’n goeie 213/8 in sy 50 beurte uit te kom. Clinton Dawson het voorlangs goed gekolf vir sy 66 en was uiteindelik goed ondersteun deur Jaco Fouché wat ’n waardevolle 41 lopies geslaan het. Vir Robs het Attie Claassen uitgeblink met syfers van 3/39 in agt beurte. Verskeie Robs-kolwers het goeie bydraes gelewer om by die telling van 213/7 in die 48ste beurt uit te kom. Aan die voorkant het Huey Peterson 39 lopies gekry en is later uitstekend bygestaan deur Henrico van Rooyen wat 61 nie uit nie behaal het en die beurt bymekaargehou het. Frikkie Venter het ook ’n waardevolle 34 lopies aangeteken.

  • Welkom Invita?tional t Gim Old Boys 1 (Welkom-klub):

    Welkom Invitational het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Voorlangs het Donald Stevens goed vir sy 33 lopies gedoen en is later uitstekend bygestaan deur Donovan Nieuwenhuyzen wat 66 lopies aangeteken het. Welkom Invitation het ’n heel skaflike 204/8 in sy 50 beurte behaal. Vir Gim het al die boulers bygedra om die paaltjies plat te trek. Gim het in sy beurt die telling met een bal oor en vier paaltjies in die hand behaal. JC Wasserman het die jaagtog gelei met sy 80 lopies en is bygestaan deur Randell Luiters wat 35 lopies geslaan het en William Goslett wat 52 nie uit nie op die einde kom moker het om die wenlopies te behaal. Vir Welkom Invitational het Clinton Burrows uitstekend geboul met syfers van 3/20 in 10 beurte.

  • Action 11 t Thabong 1 (Rovers A):

    Action 11 het besluit om eerste te kolf en ’n baie goeie 246/9 in sy toegelate boulbeurte aangeteken. Mohammad Riaz het die beurt geopen en 33 lopies gekry. Hy is later goed ondersteun deur Sajid Ali-Butt wat 48 lopies gekry het. Vir Thabong het Sammy Monyemore verwoesting gesaai met syfers van 8/51 in 10 beurte. Thabong het net 134 op die bord gekry voordat hy uit kolwers gehardloop het. Al die boulers van Action 11 het gesamentlik goed geboul vir die wenpoging.

    Die liga warm nou goed op en punte is soos volg: Robs 1 (23 punte), Rovers 1 (21), Welkom Invitational (21), Thabong 1 (12), Action11 (10) en Gim Old Boys 1 (0). Saterdag speel Thabong 1 teen Action 11 (Kopano Oval), Rovers 1 teen Robs 1 (Welkom High) en Gim Old Boys 1 teen Welkom Invitational (Rovers A), terwyl GDCA 1 die span van Oos by die Welkom-klub takel.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis Lenings
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer